Wanneer die Ondenkbare Gebeur

Daar is geen beperking op wie tragedie kan ervaar nie. Vroeër of later sal elke persoon die hartseer en probleme ondervind wat verband hou met skielike traumatiese gebeure wat die lewe vir altyd verander. Hierdie traumatiese gebeure kom in verskillende vorms en formate voor en beïnvloed individue, gesinne, stede, nasies en ons hele wêreld.

Tragiese gebeure is meestal nie iets waarvoor ons beplan nie. Ons reël nie vooraf om hierdie skielike “krisis”-oomblikke te ervaar nie. Of ons nou voorbereid is of nie, tragedies kom en gaan in ons lewens — en dit sal byna altyd met plotselinge vernietiging kom. Ons ontvang ‘n telefoonoproep oor die motorongeluk; ons hoor van die hartaanval; ons sien die aandnuus oor die Coronavirus pandemie wat die aardbol deurkruis.

Gedurende oomblikke van tragedie en krisis, is die beste pad, om ons na God te wend.

God het belowe om diegene te help wat by Hom hul toevlug en beskerming soek; Hy was nog altyd bereid om in nood te help (Psalms. 46: 2). Wanneer die ondenkbare gebeur, is dit tyd om na die Vader te gaan vir woorde van vertroosting, krag en rigting — en hoe om daarop te reageer en voort te gaan.

Ons kan die Skrif deursoek en lees van God se heiliges wat gedurende hul lewens, tye van groot probleme en struikelblokke ondervind het. Dink aan Dawid, die psalmdigter van Israel. Alhoewel hy gesalf en gekies is om koning te word, is hy gehaat en verdryf deur diegene wat daarop uit was om hom te vernietig. Let egter op in Psalm 27: 1-3 wat hy te midde van sy probleme sê: 

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. Al sou ‘n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. 

Dit is die woorde van ‘n man wat geleer het om gedurende die moeilikste tye in sy lewe, deur God in stand gehou te word. Te midde van die tragedie het hy geleer dat hy nie in vrees hoef te lewe nie, want God was sy beskerming. Al het hy homself in uitdagende tye bevind, kon hy daarop vertrou dat God hom sou beskerm en ondersteun. 

Ons het dieselfde hoop as Dawid, want God het belowe “Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie” (Deut. 31: 6). Ons het ook hoop omdat ons nie alleen is nie — ons het nie net vir God nie, maar Hy het ons ook vir mekaar gegee.

Hierin lê ons krag — ‘n verenigde gees wat saam toeneem in vertroue en vasberadenheid, maar nog belangriker, leer om saam op God staat te maak.

Terwyl ons vorentoe beweeg deur die moeilike tye in ons lewe, het ons ‘n belangrike besluit om te neem: Hoe moet ons reageer? Ons reaksie op tragedie, of dit nou persoonlik en beperkend is of ‘n allesomvattende wêreldwye krisis, moet dit dieselfde wees: wend jou na die Vader, lei ander met deernis en sorg, leef vreesloos, onthou Wie in beheer is, en ontdek die goeie.

Die krampagtige Hercules

Ek het onlangs oor hierdie gedagte baie gedink. Ek het daaroor al gedink nog lank voordat ek Manage Your Day-to-Day gelees het, maar daardie boek het dit op ‘n enkele sin behoorlik By mekaar gebring: “We tend to overestimate what we can do in a short period, and underestimate what we can do over a long period, provided we work slowly and consistently.”

Dit is ons begeerte/wens om in alle areas van die lewe: te soek na die vinnige oplossing, om te kyk vir die een of self ‘n paar groot oomblikke wat meer as die honderde of duisende kleiner geleenthede sal kan bereik. “Anthony Trollope, die negentiende-eeuse skrywer wat daarin geslaag het om ‘n produktiewe romanskrywer te wees, het ook die Britse posstelsel rewolusie waargeneem: ”n Normale daaglikse taak, as dit daagliks is, sal die arbeid van ‘n krampagtige Hercules verslaan. Oor die lang termyn bevorder die gebrek aan glansryke gewoontes die frekwensie van beide produktiwiteit en kreatiwiteit.”

Die krampagtige Hercules: dit is hoe baie van ons optree. Ons verbeel ons dat ‘n oomblik van baie aktiwiteite en selfs deelname in somige gevalle, die duisend oomblikke van onaktiwiteit kan oorkom, asof wanneer ons dalk net soos die ou grappie lui, (die donkie met terpentuin smeer) daardie oomblik van aksie sal wees, wat dan sommer al die vermorsende oomblikke sal oorwelding en dink dit sal soos mis voor die son verdwyn. Die gebrek aan daai glansryke gewoontes se frekwensies is wat soveel van die lewe se vordering uitmaak. Tog word ons voortdurend versoek om ons hoop in die kort en die glansryke te stel.

Ek sien dit in die werksplekke:

Ons is geneig om te glo dat, tensy ons nie ‘n beduidende tyd kan afstaan om te werk aan daardie boek of projek en selfs taak nie, kan dit ons ook nie eens pla nie. Dus, in plaas daarvan om ‘n bietjie aan dit te werk, en ‘n stap of twee te vorder, laat ons dit dormant lê en mors ons daardie tyd wat ons reeds aan dit toegegee het. Ons is geneig om te oorskat wat ons in ‘n kort tydperk kan doen, en onderskat wat ons oor ‘n lang tydperk kan doen, mits ons stadig en konsekwent werk.

Ek sien dit in ouerskap:

Ons maak baie staat op daardie groot oomblikke, die naweek weg met die kinders of die spesiale aand uit. Maar ons kan daardie honderde aande verwaarloos waar ons net kon praat terwyl ons die skottelgoed was of waar ons net ‘n paar oomblikke voor die bed kon bid. Ons is geneig om te oorskat wat ons in ‘n kort tydperk in hul lewens kan bereik, en onderskat wat ons oor ‘n lang tydperk kan bereik, mits ons bereid is om stadig en met konsekwentheid voorrentoe saam te gaan.

Maar meeste van alles sien ek dit in geestelike groei:

Ons word dikwels versoek om te glo dat een oomblik van groot geestelike intensiteit groter en meer blywende verandering sal bewerkstellig as die allerdaagse gewone genade. Ons kan meer vertroue hê in die enkele drie-dag-konferensie as in die daaglikse dissipline van Skriflesing en gebed, die weeklikse toewyding tot die prediking van die Woord en openbare godsdiens. Ons is geneig om te oorskat hoeveel ons in ‘n kort tydperk kan groei, en onderskat hoeveel ons oor ‘n lang tydperk gaan groei, mits ons eenvoudig God se gewone middele vasvang.

Dit is waar so baie Christene hul vertroue verloor – hulle wil vinnige groei en meetbare resultate hê, en gee te gou op. Hul vertroue is nie in God wat deur Sy Woord werk nie, soos hulle dit elke oggend oopmaak of soms net Sondae, maar in die groot konferensie later in die jaar, of in daardie nuwe toewyding, of in daardie nuwe studiemetode. Hulle is afgelei en spasmodies eerder as konsekwent en gedissiplineerd. Wel of dit blyk dan so indien ek jou “offend” het. In plaas van as om net te volhard in die middele wat God voorskryf.

Die feit is, die meeste groei in die lewe – en geestelike groei is geen uitsondering nie – word gemeet in centimeters, en nie in kilometers nie. Die grondgebied waarop ‘n weermag stadig oorwin, is dikwels veiliger as die grondgebied wat dit verdien deur daaroor te hardloop. Geestelike groei is nie minder werklik nie, bloot omdat dit stadig kom en moeilik is om te meet nie. Trouens, die teenoorgestelde is waar.

My mede Christen broer of suster, volhard. Volhard in die gewone genade. Gaan selfs, en veral wanneer die groei te stadig blyk. Hou vol vertroue dat dit die middele is wat God vir jou goed gee, vir jou groei, vir Sy glorie.