Om die bose te oorwin

Hoe reageer jy op iemand wat jou nie terug liefhet nie? Of nog erger, iemand wat antagonisties is tot jou geloof, selfs vyandig? Hoe reageer ware spiritualiteit op onreg?

As jy ’n duidelike voorbeeld hiervan soek, kyk net na Jesus. Jesus het ’n klomp vyande gehad en het die grootste van onregte verduur. Hoe het Hy reageer?

Met liefde. Geen wraak, geen vervloeking, geen vergelding nie. Net liefde. 

Dit kan baie moeilik wees om mense te hanteer wat die oorsprong van baie boosheid was in ons lewens. Ongeag of dit mishandeling, onregverdigheid of opsetlike verraad was nie, dit kan onmoontlik voel om verby ou wonde en bitterheid te beweeg. 

Tog gee Paulus vir ons twee groot opdragte in Romeine 12:14-21 wat ’n prentjie skilder van liefde ondanks teenstand:

Eerstens: “Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie” (v. 14)

Tweedens: “Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie” (v. 17)

Ons moet boosheid beveg nes Jesus het. Ons word geroep om lewende offers te wees wat nie meer gelyk is met hierdie wêreld nie. Ons moet seën, want dit is wat God doen. 

Trouens so ver dit moontlik is, moet ons “goeie verhoudings handhaaf met alle mense” (v. 18). Dit is nie maklik nie, maar God skenk ons die genade om dit te doen. Ons moet die boodskap van die evangelie vergestalt.

Konflik is soms onafwendbaar, maar as ’n lewende offer met ’n hernude gees is jy nie geroep om in enige situasie ’n antagonis te wees nie. Ware spiritualiteit beteken om te weier om sake in eie hande te neem en dit aan God oor te laat. Is jy bereid om God te glo en vertrou dat jou lewe, jou verhoudings en jou roeping veilig is by Hom?

Liefde Oorwin Vrees

Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, dis die teenwoordigheid van liefde wanneer jy vrees in die gesig staar. Dalk gaan jy nou deur ‘n moeilike tyd in jou lewe. Vrees oorval jou van alle kante en jy vra jouself af: 

As God so liefdevol en kragtig is, hoekom gaan ek dan deur al hierdie pyn?

God is nie soos ‘n sadistiese kind wat insekte martel omdat dit vir hom lekker is nie. Hy is die verpersoonliking van liefde en Hy het jou liewer as wat jy jou ooit kan verbeel. As jy deur ‘n moeilike seisoen gaan, moenie toelaat dat vrees die oorhand kry nie. Keer jou na die liefde van jou Hemelse Vader en vind daar rus. Selfs in oomblikke van pyn sal Hy jou deurdra en iets goeds daaruit laat voortkom.

Liefde is in staat om jou vrese te oorkom, want dit gee jou moed om hulle met geloof aan te pak.

Almal van ons het vrees in ons lewens. Ek dink toe God ons gemaak het Hy geweet hoe baie ons met vrees gaan sukkel, en watter groot gevaar dit vir ons lewens sou inhou. Dis hoekom Hy oor en oor in die Bybel sê: “Moenie vrees nie.”

God sê nie net dat ons nie moet bang wees nie, Hy gaan verder en sê hoekom ons nie moet bang wees nie. Hy het belowe om altyd by ons te wees. Wat ‘n wonderlike belofte!

Stel jou jou lewe voor met ‘n hart vol liefde en moed.

Hoe verskil daardie voorstelling van hoe jou lewe op hierdie oomblik lyk? Daardie vreeslose prentjie is moontlik, as jy kies om ‘n lewe te lei wat deur liefde aangespoor word. Verbind jouself aan die pad van liefde en moenie omkyk na die pad van vrees nie.

Goeie dae is aan die kom. God belowe dit, en daarom is dit waar.