Verhoudings

Die Apostel Paulus, wat verantwoordelik is vir die skryf van die grootste gedeelte van die Nuwe Testament, het van die mees dramatiese lewensveranderinge in die Bybel ervaar. Hierdie verandering in sy lewe was so buitengewoon, dat selfs sy naam van Saulus na Paulus verander het. 

Saulus het die Christene gehaat en wou hulle doodmaak. Paulus het die Christene vir die res van sy lewe liefgehad. Saulus het Jesus se volgelinge verag en rondgereis om hulle te vervolg. Paulus het vir Jesus op die pad ontmoet en rondgereis om Hom aan mense bekend te stel. Saulus het tyd met godsdienstige mense deurgebring om sodoende sy pad na God toe oop te werk. Paulus het sy tyd by gebroke mense deurgebring, terwyl hy God toegelaat het om deur hom te werk.

As jy wil verander wie jy is, sal jy moet verander saam met wie jy is. 

Eers het Paulus vir Jesus ontmoet, wat hom die lig gewys het. Daarna ontmoet hy vir Ananias, wat hom gehelp het om nuwe krag en sy sig (letterlik) te herwin. Daarna ontmoet hy vir Barnabas, wat vir Paulus in die bresse getree en aan die kerkleiers voorgestel het, toe hulle vir hom bang was. Die lys gaan aan en aan en vandag word Paulus waarskynlik as een van die mees doeltreffende leiers in die geskiedenis gereken. 

Net soos Paulus, mag jy dalk naby die verhouding wees wat die beloop van jou lotsbestemming gaan verander. Wanneer jy tyd saam met ander deurbring, moenie net reageer op die mense wat na jou vra nie. Bring tyd deur met veeleisende mense, dié wat jou onder druk plaas en selfs hulle wat jou verwar. 

Leer by Paulus en knoop ‘n gesprek aan met iemand wat jy kritiseer.

Ons beoordeel dikwels dit wat ons nie verstaan nie. Moenie net gesprekke aanknoop met mense van jou ouderdom, in jou beroepsveld, of dié met soortgelyke ervarings nie. Voel jy vasgeval? Soek iemand wat ‘n paar treë voor jou is. As jy 30 is, maak vriende met ‘n 40-jarige en vra hulle hoe verskillend hulle nou oor dinge dink teenoor die tyd toe hulle 30 was. 

Wees voorbereid om baie te luister, belangrike vrae te vra, en goeie voorbeelde te volg. Moenie net na-aap wat ander doen nie, maar leer hoe hulle dink. 

Laastens: indien jy nog nie ‘n verhouding met Jesus begin het nie, mag jy naby ‘n verhouding wees wat die beloop van jou lotsbestemming gaan verander. Ek weet dis wat met my gebeur het. Die laaste Skrifgedeelte van vandag se oordenking is die Apostel Paulus se beskrywing van hoe dit kan wees. 

Gesels met God: God, U weet wie U my gemaak het om te wees. Kan U my help om te verstaan met wie ek moet vriende maak? Gee my die wysheid en krag om die regte verhoudings aan te knoop.

Bly Positief…

Alhoewel ek nog nooit `n nag in die tronk deurgebring het nie, was ek wel al`n paar keer vir detensie gestuur toe ek op hoërskool was.  Ek onthou nog my gemoedstoestand. Ek was vir seker nie gereed om enige iets positief oor die wêreld te skryf nie. My siening van die wêreld was vol vrees en woede, en nogals negatief.  Nie vir Paulus nie. Paulus was in boeie toe hy die volgende verse geskryf het: “Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek ’n gevangene is. Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.” (Fil. 1:12–13, my beklemtoning).

Wat???  Op een of ander manier, was Paulus in staat om sy kop op te tel te midde-in hierdie donker situasie en die groter prentjie te sien van geleenthede wat voor hom was.

Hy was oortuig dat God besig was met iets groter, ten spyte van sy situasie.

Sy boeie het gespreek van nutteloosheid, `n soort doodloopstraat.  Maar hy het nie toegelaat dat die boeie sy visie bepaal het nie.  In stede daarvan, het hy sy boeie deur `n panoptiese lens te beskou.  In stede daarvan om die boeie as beperkings te sien vir sy bediening, het hy dit beskou as nuttig, `n aanduiding dat hy geseënd was en besig om vorentoe te beweeg in God se doel met sy lewe.

Die manier waarop jy kyk is belangriker as die tragedie daarvan.

Die manier waarop jy kyk is sterker as die ondergang daarvan.

Een van die grootste verantwoordelikhede as `n leier, ongeag of jy invloed het of nie, is om positiwiteit te kies met betrekking tot die situasie waarin jy is.  Niemand het vandag meer beheer oor jou gesindheid as jyself nie.  En soos wat jy `n hoopgevulde, vooruit-denke, kan-doen-houding kies, kan jy meer invloed kultiveer as wat jy ooit gedink het jy kan.  Dit begin egter met `n keuse vir positiwiteit, ongeag wat die situasie is.

Trots Nederigheid

Trots

Soms lyk trots so vreeslik en selfs soos ‘n duppel na nederigheid. Daar is tye dat trots ons oortuig om ‘n goeie vertoning te hou van wat vir die hele wêreld lyk soos nederigheid sodat ons deur ander gesien en erken kan word. Ons swel met trots wanneer ons hoor, “Hy is nederig.” Dit is ‘n moeilike ding, die menslike hart wat geneig is om ons sowel as ander te mislei.

Die apostel Paulus was werklik ‘n nederige man. Hy het ‘n diep bewustheid van sy eie sonde en ‘n diep gevoel van sy eie onwaardigheid voor God gehad. Toe hy aan die kerk in Philippi geskryf het, het hy grootliks geskryf om te verduidelik dat hy homself die hoof van sondaars was. Hy het met skaamte onthou dat hy die Here selfs vervolg het (Fil 3: 6; Handelinge 9: 4). Hy het hom baie verootmoedig.

En toe hy aan die kerk geskryf het, het Paulus ook vir hulle gesê: “Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.” (Fil.3: 17). Dit was dalk die trotsste woorde wat hy ooit gespreek het. Hy kon die neiging van elke hart verbaleer, dat die wêreld ‘n beter plek sou wees as almal net soos ons ‘n bietjie meer was. “Imiteer my! Ek het hierdie Christelike lewe reeds uitgepluis. Loop die pad soos wat ek wandel en jy sal “OK” wees.”

Maar was dit trots wat gepraat het? Ek dink nie so nie.

“Broers, moedig my aan en hou julle oë op diegene wat wandel volgens die voorbeeld wat julle in ons het.” Dit was dalk die nederigste woorde wat Paulus ooit gepraat het. Toe Paulus na sy lewe kyk, sien hy onmiskenbare bewyse van God se genade, en al wat hy kan doen, was wonder. As ‘n fariseër, het hy nou die skoonheid van genade gesien; As ‘n vervolger, was hy nou bereid om vervolg te word; As ‘n persoon trots op sy geslag omdat hy ‘n Jood van alle Jode was, het hy nou geweet dat dit hom geen voordeel gegee het nie. Sy lewe het bewys gegee van God se genade in elke deel daarvan. Paulus het dit geweet en Paulus was bly.

Terwyl hy na God se transformerende genade gekyk het, kon hy nederig sê: “Wees soos ek.” Hy het nie aandag gegee aan sy eie aangebore vaardighede of sy eie ywer nie. Hy het net gekyk na wat hy deur die genade van God geword het en aan die mense wat hy liefgehad het, vertel het dat hulle dieselfde genade moet vertoon.

En wat van jou?

Wat weerhou jou daarvan dat jy nie die nuwe Christen aanroep in jou lewe as voorbeeld te gebruik om Christus te volg nie? Wat hou jou van praat met die persoon wat jy liefhet en sê, “Volg my voorbeeld hier”? Kan dit nederigheid wees? Dit is moontlik, maar onwaarskynlik. Dit is baie meer waarskynlik dat trots jou terug hou, dat jy te trots is om genade te sien waar dit bestaan, om daardie genade as ‘n werk van God te erken en ander te nooi om dit na te boots.