Perspektief

2020 was vol uitstekende planne, verwagtinge en idees, wat deur ‘n wêreldwye pandemie belemmer was. Ongekende tye vra vir ongeëwenaarde toewyding. Wanneer ons deur probleme gaan en ons oorweldig word, moet ons onsself herinner aan wie Christus is.

Christus, die sigbare beeld van die onsigbare God, was al daar ​​voor enigiets geskep was, en is bo die hele skepping. God het Hom verhef tot die hoogste eer en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is. Die Naam van Jesus is kragtig, dit verander lewens en gee lewe. As ons ons oë op Jesus rig, verander ons perspektief.

“Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.” Kolossense 3:1

Paulus het een ontmoeting met Jesus gehad en was nooit weer dieselfde nie. Die blinde man se sig is herstel, die vrou met bloedvloeiing is genees. Al wat dit vereis is een ontmoeting met Jesus en ons lewens sal vir altyd verander.

Ons leef in ongekende tye, gevul met twyfel en onsekerheid, maar hier is die waarheid: as ons aan die Woord van God vashou, is ons hoop en vertroue op God, al weet ons nie wat die toekoms inhou nie.

Wêreldwye pandemies sal kom en gaan, maar Christus bly deur alles heen dieselfde. Hy is die Begin en Voleinder van die geloof.

God het Homself getrou bewys.

Getrou aan sy Woord en getrou aan sy beloftes.

Ons hoop op Christus is vertroue in wie Hy is. Jy was miskien deur ʼn moeilike seisoen en het soms moedeloos gevoel, maar dit is in oomblikke van swakheid wanneer ons volmaak word in Hom. Jesus is die Naam bo elke naam. Daar is vryheid, genesing en vertroosting in sy Naam.

Stil Seine

Op die oomblik is daar onsigbare golwe wat om jou kop rond swerf. Televisie-programme, radioprogramme, telefoongesprekke en GPS-koördinate bombardeer heeltemal die wêreld om jou. Die meeste van hulle ontbind in die grond of pols onopgemerk in die leë donkerte van die ruimte. Te midde van al die geraas kan jy buite sit en ‘n stil aand geniet, heeltemal onbewus van die spervuur. Maar as jy op ‘n radio, televisie of selfoon aan skakel, het die stilte skielik betekenis.

Een van daardie seine wat om jou kop draai nou, is die stem van God. Dit is nie elektronies nie. Dit kan nie met instrumente gemeet word of deur toestelle ontvang word nie. Tot op hierdie oomblik het jy dalk nie God se stem opgemerk nie, maar dit is daar.

Die boek Job is ‘n vreemde verhaal in die middel van die Bybel oor ‘n man wat kwaad geword het met God toe sy lewe begin uitmekaar val. Job het God daarvan beskuldig dat hy nie met hom praat nie, maar Job se vriend, Elihu, het Job se perspektief gekorrigeer. “Hoekom kla jy by hom dat hy op niemand se woorde nie reageer nie? Want God spreek nou – nou een manier, nou ‘n ander – alhoewel niemand dit sien nie “ (Job 33: 13-14 NLT).

Elihu het ‘n wyse waarneming gemaak:

God praat altyd, maar ons luister nie altyd nie.

Hy praat direk en indirek. Hy praat deur drome en deur mense. Hy praat deur pyn en deur vreugde. Hy praat deur die lewe en deur die dood. Hy praat altyd, en vandag praat hy met jou. Dit is regtig maklik om Hom te hoor. Al wat jy moet doen, is om die enigste ontvanger wat jy het, wat Sy sein sal optel, aan te skakel – jou gees.

Toe Jesus deur die godsdienstige leiers van sy tyd gekonfronteer word om hul heilige reëls te verbreek, het hy met hierdie stelling gereageer. “En ek verseker jou dat die tyd aangebreek het, en dit is nou hier, wanneer die dooies my stem sal hoor – die stem van die Seun van God. En die wat luister, sal lewe ” (Joh. 5:25 NLT).

Kyk na jou lewe. Kan jy enige omstandighede herken wat God dalk gebruik om jou aandag te kry? Kan jy dink aan mense wat God in jou lewe geplaas het om jou te help om sy stem te hoor? Lees deur die Bybelgedeeltes in Job en Johannes, en probeer om al die maniere waarop God praat, te herken wat jy dalk nie voorheen veel aan gedink het nie.

Vra dalk bietjie vir God, sal U asb U stem duidelik maak bo al die geraas van my besige lewe? Help my om die mense en gebeure wat U gebruik om my aandag te kry, te herken. Maak my hart en my verstand oop om hierdie gedeeltes uit die Bybel te verstaan.

‘n Verandering in Perspektief

Om veerkragtigheid op te bou moet ons ontslae raak van herhalende, afbrekende gedagtes oor onsself, God, ander mense en ons omstandighede. Jy mag vind dat wanneer jy die meeste sukkel, jy fokus op gedagtes soos:

  • God help my nie.
  • Ek kan nie nog ‘n dag langer so aangaan nie.
  • Ek sal nooit weer iets goeds in die lewe ervaar nie.
  • Niemand verstaan my nie. Dit is aaklig.
  • Ek sal nooit hierdeur kan kom nie. Ek kan dit nie meer hanteer nie.

Ek’s ‘n aaklige mens.

Om veerkragtigheid op te bou moet valse gedagtes met die waarheid vervang word. Wanneer ons hierdie oorlog voer lei ons bewustelik ons gedagtes en met harde werk vervang ons die onwillekeurige, afbrekende gedagtes met gedagtes van hoop, waarheid en dankbaarheid, soms bewustelike dankbaarheid.  Deur ons gedagtes te omskep kan ons terugbons van die lewe se seer en veerkragtigheid opbou. Let wel, ons kan niks aan ons omstandighede doen nie, maar ons kan ons perspektief en gedagtes aangaande ons omstandighede aanspreek.

Wanneer ek die woord veerkragtigheidhoor, dink ek onmiddelik aan daardie rubber balletjies wat hoër hop as sy beginpunt. Hoe harder jy dit gooi, hoe hoër bons dit. Die veerkragtigheid van die balletjie oorkom swaartekrag.

Absoluut! Vriend, jy kan ook terugbons

Kan dit so wees met ons lewenspyn?Is dit moontlik dat ons hartseer ons kan aandryf om terug te bons? Kan ons uiteindelik in ‘n beter toestand wees as voordat ons in die grond ingedryf was? Absoluut! Vriend, jy kan ook terugbons. Ek weet jy kan, want ek ken die God wat jou veerkragtig kan maak!

Natuurlik werk God volgens Sy tydlyn, nie ons s’n nie. Hy is ‘n prosesgeoriënteerde geneesheer wat ons deur ons seer en genesing lei, eerder as om ons daarom te lei of dit weg te neem. Sal jy Hom vertrou om jou deur jou pyn te lei? Dit is tyd om terug te bons. Vergun jouself die voorreg van die geleentheid. Net omdat jy vasgekeer voel, beteken dit nie dat jy so hoef te bly nie. God sal seëninge uit jou vervloekings bring. Hy wil hê jy moet terugbons.

Watter afbrekende gedagtes koester jy gereeld?

Wat sê dit oor hoe jy oor jouself dink?

Met watter positiewe gedagtes kan jy dit vervang?