In tye van onregverdigheid

Jy het seker ook al onregverdigheid ervaar. Miskien het jy al die pyn van verwerping beleef, die verraad van ’n sakevennoot, die skok om van ’n erfporsie ontneem te word, of die frustrasie om harder as almal te werk net om te sien hoe iemand anders bevorder word.

Dalk moes jy al sukkel om vir jou kind te verduidelik hoekom hy of sy langs die baan sit terwyl die afrigter se kind ’n beurt kry om ‘n wedstryd te speel. Om sleg behandel te word kan ontstellend wees.

Die onregverdigheid eet aan jou. 

Ek onthou hoe ek so gevoel het nadat ek ’n standvastige werks geleentheid opgeoffer het vir Christus en gehoop het Hy sal dit vir my teruggee, net om te sien hoe my finansies toetaal uit mekaar geval het. In my kamer het ek my Bybel oopgeslaan en vir God ’n ultimatum gestel:

Praat met my of ek is uit.

Ek het deur Psalms begin lees en besluit om God so drie of vier hoofstukke te gee voordat ek sou handdoek ingooi. Die eerste twee het geen indruk op my gemaak nie. Toe sien ek Psalm 73 raak en ek het onmiddellik gevoel iets is anders. Dit het my gelei na ’n ontmoeting met God wat my vir ewig verander het. Met trane in my oë en verwarring in my siel het ek die psalm hardop gelees. Ek het my eie woorde in die psalmdigter se klagtes gehoor . 

Ek het gespartel, want ek het probeer doen wat God sê reg is, maar ek het meer probleme en frustrasies as Christen gehad as wat ek ooit voorheen van kon onthou. Ek was soos die psalmdigter: “Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik . . .” (vers 16).

En nes die psalmdigter was die oplossing voor my: “totdat ek in die heiligdom van God ingegaan [het] (vers 17). Ek het begin om weer die lewe uit ’n ewigheidsperspektief te sien. 

Die aanbidding van die God wat bo alles is – en wat op die ou end Sy kinders regverdig – laat die gevoel van onregverdigheid verdwyn. Sy beloftes en perspektiewe streel die pyn. Wat nou onregverdig voorkom, werk vir Sy kinders baie goed uit in die einde.

Ons hart versag, ons perspektief verskuif en ons vier fees met die psalmdigter se woorde in vers 26: “God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

Erken ek dat ek tekort val?

Gister het ek ‘n algemene wanopvatting aangespreek oor wat God se guns is. Vandag wil ek kyk na ‘n wanopvatting oor hoe ons hierdie guns ontvang.

Die Bybel kon nie nog meer duideliker gewees het dat God se guns verdien moet word nie. Hy [God] sal elkeen vergeld volgens sy dade (Romeine 2: 6). Indien jy heerlikheid, glorie of vrede van God wil ervaar, dan moet jy goed doen, elke dag van jou lewe tot die einde. Dis dit; dis die transaksie. Maar as jy misluk, en jy self verheerliking soek, ongehoorsaamheid en onregverdig beoefen, wat gaan jy “wen/ontvang” verseker nie die ewige lewe nie, maar verseker toorn en verontwaardiging.

Dit is ‘n redelik eenvoudige stelsel, is dit nie? Doen dit en leef; doen dit en sterf As jy God se guns wil hê, verdien dit.

Ek trek nie jou been nie. En ook nie die apostel Paulus toe hy Romeine 2 geskryf het nie.

Paulus het ook nie gegrap toe hy later in ‘n hoofstuk onthul hoeveel mense hy verwag om die standaard te ontmoet en God se guns te wen nie. Kyk na wat hy sê: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nieDaar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.” (Romeine 3:10-12)

So hier is my punt tot dusver:

God se guns is nie ‘n speletjie nie, en dit is nie ‘n spesiale vergunde status wat goeie dinge in ons lewens in bring nie. Dit is die verhouding met God, en deur ons sonde en opstand teen Hom het ons daardie guns verbeur, daarbenewens kan ons dit nie terug verdien nie, en God kan nie en sal nie net geregtigheid opskort en in elk geval Sy guns gee omdat ons so mooi en reg voorkom nie. Nee, sy standaard moet nagekom word. Sy wet moet gehoorsaam word. Reg en geregtigheid moet vereer en bevestig word. Sy [God] se guns moet gewen en verdien word.

Maar hoe? As ons hierdie dinge nie kan doen nie, hoe sal dit ooit gebeur? Bly ingeskakel vir môre se blog inskrywing … Dink dalk solank eers oor hierdie vrae:

  • Het jy al ‘n punt bereik waar jy erken het aan jouself dat jy gevaal het om aan God se standaard te voldoen en nie Sy guns verdien nie?
  • Of vertrou jy nog steeds op jou nuttelose pogings?