Wanneer iemand jou verwagtinge skend

Elke liewe dag het ons almal verwagtinge. Ons verwag dat mense op ‘n sekere manier sal optree. Ons verwag dat dinge op ‘n sekere manier sal gebeur. Ons verwag om verstaan of waardeer te word. Ongelukkig is die kanse dat alles presies sal gebeur soos ons verwag — staal jouself — NUL

Elke liewe dag, gedurende honderde verskillende gebeure, sal jou verwagtinge geskend word. Ons kan gesels oor elke moontlike manier hoe dit kan gebeur, maar dis vir ‘n ander geleentheid. Nou vertrou ek die Heilige Gees om jou hieraan te herinner wanneer jy dit nodig het — sodat jy kan weet wanneer jou verwagtinge geskend is en wanneer dit gebeur, jou te help om dan vinnig en maklik te vergewe. 

Die lys is oneindig. Iemand wat in die verkeer voor jou insny of by die winkel voor jou in die tou indruk of die laaste item gryp wat jy graag wou hê. Enige tyd as jy daardie nare gevoel kry wanneer jy verleë, hartseer, kwaad, verworpe of seergemaak voel — gedurende sulke tye moet jy jouself afvra: ”Is daar iemand wat ek moet vergewe, sodat ek hiervandaan bevry kan weggaan?” 

Hier wil ek ook nog iets byvoeg: soms weet jy iemand het nie bedoel om jou seer te maak nie en besef jy dat jy eintlik belaglik is oor iets so kleinlik. Jy mag dalk dink: “Ek hoef hulle nie te vergewe nie — dis nie eens belangrik nie en ek weet ek is effens vreemd daaroor.” Ek tree so op:

indien jy meer as twee keer daaroor gedink het, kan jy hulle maar vergewe! 

Wanneer daardie persoon iets belaglik op sosiale media pos en dit pla jou steeds so erg wanneer jy by die werk kom dat jy wil almal daarvan wil vertel, vergewe hom net daar. As die winkelassistente so ongeskik met jou is dat jy ‘n gesprek in jou kop met jouself op pad huistoe voer (“Ek moes dit gesê het en toe sy dat gesê het moes ek dit …!“) vergewe hom/haar doodeenvoudig. 

Ek glo as ons bedrewe raak om in die kleine, alledaagse dinge te vergewe, sal dit ons goeie oefening gee om te kan vergewe wanneer dit by die ware groot dinge kom. Dit sal ons ook die voordeel gee om ‘n lewe van vrede te lei en ‘n opregte getuie te wees.

Swart en wit word grys.

Enigiets behalwe God se waarheid, stel ons integriteit in gevaar. Dit maak nie saak hoe gering die situasie is waarvoor ons skik nie, dit sal die integriteit in ons hart skaad. Hier lê die probleem – ‘n skikking lei tot regverdiging en regverdiging lei tot verwarring. Wat swart en wit was verdof na grys en ons regverdig waarom God se waarheid nie nodig is om in elke situasie vir ons leiding te gee nie.

Ons woorde is een van die maklikste maniere wat ons gebruik om tot ‘n skikking te kom. Met ons woorde oordryf ons, skinder ons, vertel ons wit leuens en maak ons beloftes wat ons nie kan nakom. En dan begin die regverdiging. ‘n Wit leuen is nie regtig ‘n leuen nie, is dit? En buitendien, dis beter as om iemand se gevoelens seer te maak. Wat is die nou die probleem as niemand seer kry nie? Swart en wit word grys.

Ons kan ook ons dade in gevaar stel. Ons vat iets klein sonder toestemming, teken nie ons tyd aan wanneer ons uit die kantoor gaan nie, aanvaar krediet vir wat ons nie gedoen het nie. Dan begin ons dit regverdig. Ons het nie die vorige keer die krediet gekry vir wat ons toegekom het, dus is dit in orde. Hulle sal nie agterkom as een item weg is nie, hulle kan dit bekostig. Swart en wit word grys.

Met elke verskoning, skikking en regverdiging word God se waarheid vervorm en die rol wat dit in ons lewe speel, word aangepas. God kyk na ons hart, nie hoe groot die skikking is wat ons aangaan nie. Daar is geen grys areas vir Sy waarheid wat net swart en wit is nie.

‘n Skikking kan op ‘n gegewe oomblik na die makliker opsie lyk, maar God se waarheid gee ware lewe. Wanneer ons woorde en dade ooreenstem met wat ons glo, of sê wat ons glo, spandeer ons minder tyd en energie daaraan om onsself te bevraagteken en bekommerd te wees of ander sal uitvind. ‘n Skikking en regverdiging vertroebel die waarheid van God se begeerte vir ons lewe. Kies die waarheid, selfs wanneer dit ongemaklik en moeilik is.

Pyn, hou ek dit of groei ek in dit of deel ek dit!

Littekens is makliker om oor te praat as om hulle eintlik te wys. Die blootstelling van ons kaal hart aan iemand is die risiko om geoordeel te word, skaam en selfs los te maak.PynDie meeste van ons beskerm ons pyn en stel voor dat ons gelukkig is. Die meeste van ons isoleer onsself omdat ons dit moeilik vind om die pyn in ons oë te versag en ons is baie keer bang dat iemand reg deur ons sal sien. Maar in die midde van hierdie onrus om pyn deur onsself te bestuur, vind ons die een wat luister, die een plek wat ons onsself kan wees en sê: “Ek voel soos crap!” sonder om geoordeel te word, ons voel nie skaam nie en ook nie terwyl ons saam ander “Christelike” kringe, baie keer dalk die gevoel kry dat hulle net vir my wil preek.

Hiervoor is dit noodsaaklik dat jy ‘n diep sinvolle en gepaste verhouding met mense bou wat glo in wie jy is, wie die oproep in jou lewe ken en jou daarby hou. Wie eg is en eg vir jou is. In kort gee dit ‘n opsomming van ‘n gesin.

Jesus het gesê: Kom na my, jy wat swaar belas is, en ek sal jou rus gee. Dit is belangrik dat jy jou hart neem en dit voor die Vader oopmaak.