Dis moeilike maar ek aanvaar dit

Soms, selfs wanneer ons alles onthou wat God vir ons gedoen het, verander dit nie ons omstandighede nie. Soms moet ons net aanvaar dat dit op die oomblik buite ons begrip is en net voortgaan. Maar ons moet ook besef dat aanvaarding nie ontkenning is nie. 

Bill Watson noem iets interesant: “Dit is nie ontkenning nie. Ek is net selektief oor die realiteit wat ek aanvaar.

Wanneer jy aanvaar wat God doen, onderdruk jy nie net jou gevoelens en laat jou hart doodgaan nie, selfs as jy jou glimlag in die spieël oefen en Bybelverse memoriseer. Wanneer jy aanvaar dat God besig is met iets wat jy nie nou kan sien of verstaan nie, aanvaar jy dit nie maar net gedweë en gee jouself oor tot wanhoop nie. Nee, jy bid vir ‘n wonderwerk van Hom, tensy Hy jou anders vertel. Maar jy gee nie voor dat alles reg is as dit nie so is nie. 

Habakuk kon beslis nie voorgee en sy kop in die sand druk nie.

Nadat hy God bevraagteken het en die Here gereageer het deur aan hom te sê dat hy die goddelose Babiloniërs sou gebruik om Israel te vernietig, het Habakuk gesê: “Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak.” (Habakuk 3:16)

Sy reaksie was intuïtief.

Jy ken die insinkende sensasie wat jy in jou ingewande kry wanneer iets slegs gebeur wat buite jou beheer is? Dis wat Habakuk in die gesig gestaar het. 

Toe Habakuk die realiteit aanvaar het terwyl hy op God gewag het, was dit nie ontkenning nie. Dit was geloof. Nie geloof dat God sal doen wat Habakuk wou gehad het God moet doen nie. Maar geloof in God se karakter. Habakkuk gaan voort deur te sê: “Die soewereine hand van God doen iets hier. God het gepraat, so ek sal aanvaar wat Hy doen, so moeilik soos dit ook al vir my mag wees.” 

Soms sal iets gebeur waarvan jy nie hou nie. Dit mag dalk nou tans plaasvind. Jy onthou wat God gedoen het. Jy aanvaar wat God doen. Jy vertrou wat God gaan doen. 

Dalk moet jy net eenvouding soos ek tans uitroep tot God in gebed en dit vir Hom erken, “Vader ek verstaan nie wat aangaan nie, maar ek aanvaar dat U op die een of ander manier in beheer is.”