Integriteit is nie volmaaktheid nie

Die bekende Bybelkommentator, Matthew Henry, het by geleentheid geskryf: “Die man wat nie eerlik is nie, is nie godvresend nie.”

’n Mens kan onvolmaak wees en God in meer as een opsig faal, en steeds ’n “man van God” genoem word – solank hy tenminste eg en eerlik is, óók as hy gefaal en gesondig het. Dink maar aan Dawid en aan die erge sondes waaraan hy skuldig was: egbreuk en moord.

Toe hy egter deur die profeet Natan gekonfronteer is, het hy nie kwaad geword, die blaam op iemand anders gepak of sy koninklike mag misbruik nie. Hy het met opregte berou sy sonde en skuld voor God bely: Ek het gesondig teen die HERE! (2 Sam. 12:13). Gaan lees gerus weer sy aangrypende boetedoeningspsalm, Psalm 51. 

Ten spyte van Dawid se onvolmaaktheid is hy “’n man na die hart van God” genoem.

Die rede hiervoor was nie omdat Dawid geen sondes gedoen het nie, maar omdat hy eerlik en eg was – óók ten opsigte van sy sonde, skande en swakheid. Was Dawid volmaak? Nee! Was hy ’n man van integriteit? Ja, vir seker!

Aan die ander kant kan iemand alle voortreflike en edel deugde hê waaraan jy kan dink, maar as hy nie eg en eerlik is nie, kan hy nooit kwalifiseer om ’n “man van God” genoem te word nie. Onegtheid, ’n gebrek aan integriteit, trek ’n streep deur al my ander mooi eienskappe – “Die man wat nie eerlik is nie, is nie godvresend nie!” Luister net na die prominente plek wat hierdie eienskap inneem in die lewe van die gelowige wat die karakter van Christus weerspieël: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit” (Fil. 4:8)

Dit is dus belangrik dat integriteit nie verwar moet word met volmaaktheid nie.

Terwyl die gelowige altyd moet streef na volmaaktheid, kan ons alleenlik ín Christus op volmaaktheid aanspraak maak. Natuurlik moet ons daarna streef om sonde in ons lewe sover moontlik uit te skakel en te vermy, maar wanneer ons wel gefaal en gesondig het, laat ons dit opreg voor God bely, en indien toepaslik, ook teenoor die persoon teenoor wie ek gesondig het.  

Gedrag beide: Vreemd en Lelik!

Ek is ‘n sondaar. En as sondaar vertoon ek alle vorme van gedrag, beide vreemd en lelik. Hoe meer ek myself leer ken, hoe meer sien ek die maniere waarop ek ‘n produk van my sonde is, waarin ek die wêreld deur die lens van my sonde beskou. Wanneer ek na buite kyk, en as ek na ander kyk, sien ek hulle deur sondige oë en interpreteer hulle deur ‘n sondige gees. Soos ek dit doen, val ek in die val van die sondeprojeksie.

Sondeprojeksie is wanneer ek my sonde op ander uitprobeer, met die veronderstelling dat hulle geneig is tot dieselfde sonde en daarom soveel as wat ek is. Ek is nie die enigste wat dit ook doen nie.

Die owerspelige man wonder of sy egbreker owerspel pleeg. Die kind wat leuns loop en vertel, veronderstel dat hy deur sy onderwyser belieg is. Die ongelukkige ouers is vinnig om hul kinders te beskuldig dat hulle ongelukkig is met hulle. Die mag-geobsedeerde pastoor meen die geassosieerde predikant beraam planne om hom te verplaas. Die jong man met die wellustige oog het moeite om te vertrou dat sy meisie se oë nie ewe geneig is om te dwaal nie. Die dief kan nie ander vertrou nie omdat hy aanneem dat hulle van hom sal steel, net soos hy van hulle sal steel. Die jaloerse musikant neemaan dat ander mededingend musiekante teenoor hom of haar is.

En so kan mens aanhou en aanhou. Ek sien die wêreld deur my eie sonde en projekteer my sonde op ander. Ek sien my sonde in hulle, selfs waar dit nie bestaan nie. Ek onregverdig en gooi beskuldig na hulle van my eie sondes.

Ek is ‘n sondaar. En as ‘n sondaar is dit net een van daardie vreemde en lelike gedrags patrone wat binne my is.