Teleurstelling

Ons volgende held, Elia, is nie net die bekendste profeet nie, maar ook een van die mees invloedryke mense in die hele Ou Testament.

God stuur Elia om Israel te red van Baäl-aanbidding. Elia daag die profete van Baäl op die berg Karmel uit om te kyk wie die ware God is – of God of Baäl met vuur uit die hemel sal antwoord. Toe die ware God met vuur antwoord, het die mense op hul gesigte geval en uitgeroep: “Die Here is God!” Elia het toe al 450 profete van Baäl doodgemaak, gebid vir reën om die droogte te laat eindig (waarop ’n groot reënstorm volg) en toe hardloop hy al die pad tot by die hoofstad van Jisreël.

Maar in Jisreël het dinge vir Elia begin ontrafel.

Koningin Isebel het gehoor dat Elia die profete van Baäl om die lewe gebring het en sy het vir hom die volgende boodskap gestuur: “Mag die gode my om die lewe bring as ek nie môre teen hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie.” (1 Konings 19:2)

Dis ongelooflik as mens dink aan al Elia se heldedade tot op hierdie punt, dat Elia nou bang word en vlug. Wat het dan gebeur?

Elia het breekpunt bereik.

Om dit eenvoudig te stel, hy is uitgeput. Boonop word hy nou ook met sy eie beperkings gekonfronteer. Hy het al die pad tot by Jisreël gehardloop, waar hy herlewing verwag het, maar toe hy daar kom, het niks verander nie. Ten spyte van sy beste pogings het hy nie daarin geslaag om Israel te red nie. En nou is hy diep teleurgesteld.

Teleurstelling kan ons in ’n krisis dompel. Voeg uitputting by die mengsel en alles lyk tien keer erger.

Onder hierdie omstandighede gebeur dit dikwels dat ons as mans onsself isoleer. Ons ontsnap na ons grot of dalk die gholfbaan. Ons bestee ons tyd deur sport te kyk, of ons vind ons ontsnapping in destruktiewe gedrag, soos om te veel alkohol te drink of pornografie te kyk. 

Elia het homself ook isoleer. Hy reis alleen na die woestyn, gaan sit onder ’n besembos en bid om dood te gaan. “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, …” (1 Konings 19:4)

Ons is ook dikwels oormoeg in ons oomblikke van krisis, soos Elia hier voel. En al wat ons moet doen (tensy die huis besig is om af te brand) is om te rus en te herlaai. Ek hou van hierdie aanhaling van die Amerikaanse sokkerspeler,Vince Lombardi:

“Uitputting maak lafaards van ons almal.”

God verstaan dat ons fisiese liggame beperkings het. Die engel van die Here berei ’n maaltyd vir Elia voor, maak hom wakker en moedig hom aan om te eet, want die reis is nog glad nie verby nie.

Sien jy, jou beperkings is nie die einde nie, selfs al voel dit asof jy die stryd verloor het. God was nog nie klaar met Elia nie. God se plan vir Elia en vir Israel is steeds op koers. God stuur vir Elia om twee konings te salf, sowel as sy opvolger, Elisa. Tydens die verheerliking op die berg het God vir Elia langs Moses ingesluit, waar hulle twee met Jesus kan praat oor God se ware plan om nie slegs Israel te red nie, maar die hele mensdom.

Ek wonder wat Elia vir ons sou sê as hy vandag hier was?

Dalk sou hy sê: “Wees sterk! Moenie moed verloor nie. God is saam met jou in hierdie ding. Hy is jou Rots, jou skild, jou skuilplek, jou krag, jou helper. En Hy ken geen beperkings nie.”

Hou Vas Aan God!

As jy vasgevang voel, voel jy waarskynlik ook verwyderd van God. Dalk voel jy dat God jou verstoot het. Of dalk het jy gekies om Hom te verstoot, omdat jy nie meer glo dat Hy die krag het om jou lewe te verander nie. Jy mag voel dat Hy nie omgee nie, of dat Hy téén jou instede van vir jou is. Jy gaan kerk toe, maar vind dit ‘n afgesaagde roetine. Jy lees die Woord, maar kry niks daaruit nie. Jy mag regtig kwaad wees. God, wat belowe het dat Sy weg nie bedoel is om seer te maak nie, het toegelaat dat iets vreesliks in jou lewe gebeur. Jy voel dat God jou verraai het. Jy voel teleurgesteld in sy beskerming.

Jy gaan kerk toe, maar vind dit ‘n afgesaagde roetine.

‘n Seisoen van geestelike worsteling na ‘n tragedie of teleurstelling is normaal. Ons het ‘n verhouding met God en natuurlik sal daardie verhouding sekere tye sterker wees as ander kere. Maar as ons vasgevang raak as gevolg van vernietigende teologie of denke, is ons vatbaar vir ‘n lang termyn skeiding. Jy sien, God is ‘n ware Heer, Hy dwing Homself op niemand af nie. Wanneer ons ruimte wil hê, gee Hy dit vir ons. Ongelukkig kan dit gebeur dat ons worsteling ons permanente fokus raak. Dis nie ons plan om ons lyding te aanbid nie, maar wanneer ons vasgevang raak, raak ons onbewustelik oormatig toegewyd daaraan. Hierdie oormatige toewyding kan lei tot ‘n vorm van onbewuste afgodsdiens, wat ‘n normale periode van geestelike worsteling kan verleng tot ‘n lang termyn verwydering van God.

Een ding is seker — God verlang jou, of jy nou voel dat Hy doen of nie. Hy is die grootste bron van jou veerkragtigheid en hierdie verwydering moet aangespreek word sodat jy kan terug bons uit die seer wat jou gevange hou. Om hierdie verwydering te oorbrug verg risiko. Jy mag voel dat jy nie meer op God kan ertrou nie. Jy mag bang wees vir wat Hy sal doen met jou geloof in Hom of met jou soeke na daardie verhouding. Ek moedig jou aan om daardie onbekende te ondersoek.

Jy voel dat God jou verraai het. Jy voel teleurgesteld in sy beskerming.

Ek word herinner aan die Psalms waar Dawid in angs en wanhoop uitroep na God. Volg sy voorbeeld volg en roep vandag uit na God. Lê al jou gemors voor Hom neer. Laat jouself toe om kwesbaar en deursigtig te wees. Nooi God uit om deel te word van ‘n gesprek oor areas in jou lewe waarin jy Hom voorheen nie toegelaat het nie. Wat het jy om te verloor?

Spandeer tyd om vandag uit te roep na God oor dit wat vir jou lyding veroorsaak.