Hoekom?

Elke dag hoor ek hierdie kort, maar kragtige vraag van mense rondom om. Hulle het ‘n onberekenbare verlies gely. Hulle voel asof hulle buite hulself lewe, besig om na die ondenkbare te staar. Op goeie dae vloei hulle maar net saam met die stroom. Op die slegte dae kan hulle glad nie funksioneer nie.

As jy nou deur lyding gaan, weet jy waarvan ek praat. Dalk vra jy nou hierdie selfde vraag. Dalk staan jy op hierdie oomblik voor die grootste berg van jou lewe. Jy staan voor ‘n ontbering wat jy nie glo jy kan oorleef nie. Jy wil graag aan beweeg, maar soms is dit selfs te moeilik om net uit die bed uit te klim.

Jy hoef nie ‘n slaaf van jou probleme te wees nie.

As jy vandag lyding ervaar, ten volle bewus van jou eie swakheid, kan jy leer om blymoedig te ly. Jy hoef nie ‘n slaaf van jou probleme te wees nie. Die feit is dat jy gesonde strategieë kan aanleer wat jou sal help om weer jou voete te vind en selfs te floreer. Deur te vra “Hoekom?” skep jy ‘n leë sirkel van frustrasie. “Hoekom?” is die verkeerde vraag wat jou heel moontlik net dieper in die put aftrek waaruit jy so graag wil klim.

In plaas daarvan om tyd te mors deur te probeer uitvind hoekom ons ly, moet ons eerder uitvind hoe om te oorleef—en hoe om blymoedig te oorleef. Soms word ons worsteling en lyding, die mees bekende komponente van ons lewens. Depressie, skaamte, angs, bitterheid, hartseer, siekte en verslawing raak met verloop van tyd op ‘n vreemde wyse gemaklik en voorspelbaar. Ons kan ons amper nie ‘n lewe sonder pyn voorstel nie. Ons raak selfs bang vir ‘n lewe sonder worsteling.

Jy mag bang wees om terug te keer na die normale.

Miskien het pyn deel van jou roetine geword, jou gerieflike verskoning vir ontoereikenheid. Dit verteer jou tyd en jou aandag, ja, selfs ook jou identiteit. Jy mag bang wees vir veerkragtigheid. Jy mag bang wees om terug te keer na die normale. Jy mag wonder: 

  • Wie sal ek wees sonder worsteling?
  • Wat sal ander van my verwag?
  • Wat is my doel afgesien van my pyn?

Maar jy kan terug bons. Dit begin by jou denkpatroon en deur die aanleer van vaardighede wat die manier hoe jy ly sal hervorm.

  • Wat beteken die woord veerkragtigheid vir jou?
  • Op watter manier hou jy jouself “vasgevang” in jou lyding?