Wanneer iemand jou verwagtinge skend

Elke liewe dag het ons almal verwagtinge. Ons verwag dat mense op ‘n sekere manier sal optree. Ons verwag dat dinge op ‘n sekere manier sal gebeur. Ons verwag om verstaan of waardeer te word. Ongelukkig is die kanse dat alles presies sal gebeur soos ons verwag — staal jouself — NUL

Elke liewe dag, gedurende honderde verskillende gebeure, sal jou verwagtinge geskend word. Ons kan gesels oor elke moontlike manier hoe dit kan gebeur, maar dis vir ‘n ander geleentheid. Nou vertrou ek die Heilige Gees om jou hieraan te herinner wanneer jy dit nodig het — sodat jy kan weet wanneer jou verwagtinge geskend is en wanneer dit gebeur, jou te help om dan vinnig en maklik te vergewe. 

Die lys is oneindig. Iemand wat in die verkeer voor jou insny of by die winkel voor jou in die tou indruk of die laaste item gryp wat jy graag wou hê. Enige tyd as jy daardie nare gevoel kry wanneer jy verleë, hartseer, kwaad, verworpe of seergemaak voel — gedurende sulke tye moet jy jouself afvra: ”Is daar iemand wat ek moet vergewe, sodat ek hiervandaan bevry kan weggaan?” 

Hier wil ek ook nog iets byvoeg: soms weet jy iemand het nie bedoel om jou seer te maak nie en besef jy dat jy eintlik belaglik is oor iets so kleinlik. Jy mag dalk dink: “Ek hoef hulle nie te vergewe nie — dis nie eens belangrik nie en ek weet ek is effens vreemd daaroor.” Ek tree so op:

indien jy meer as twee keer daaroor gedink het, kan jy hulle maar vergewe! 

Wanneer daardie persoon iets belaglik op sosiale media pos en dit pla jou steeds so erg wanneer jy by die werk kom dat jy wil almal daarvan wil vertel, vergewe hom net daar. As die winkelassistente so ongeskik met jou is dat jy ‘n gesprek in jou kop met jouself op pad huistoe voer (“Ek moes dit gesê het en toe sy dat gesê het moes ek dit …!“) vergewe hom/haar doodeenvoudig. 

Ek glo as ons bedrewe raak om in die kleine, alledaagse dinge te vergewe, sal dit ons goeie oefening gee om te kan vergewe wanneer dit by die ware groot dinge kom. Dit sal ons ook die voordeel gee om ‘n lewe van vrede te lei en ‘n opregte getuie te wees.

Konflik…?

Die beste voorbeeld wat ons het hoe om konflik op te los, is deur God self. Keer op keer het ons van Hom af weggedraai. Ons het teen Hom gesondig. Ons het dinge gedoen wat ons geweet het nie goed vir ons was nie.

God het dus besluit om ‘n bietjie konflik oplossing toe te pas — met ons. Hoe het Hy dit gedoen? Nederig en direk. 

God het Sy Seun, Jesus, aarde toe gestuur om in ‘n nederige vuil stal gebore te word. Hy het as een van ons gekom — ‘n persoon. Hy het soos enige mens gelewe. Anders as ons, het Jesus egter ‘n volmaakte, sondelose lewe gelei. Daarna het Hy aan die kruis gesterf om vir ons sonde in die finale konflik oplossing te betaal. 

Dit was nie nodig dat Hy dit doen nie, maar Hy het gekies om dit te doen.

Hy het dit wat ons verdien het op Homself geneem. Hy het gesterf om die konflik te konfronteer en om ons sonde te vergewe, sodat ons by Hom kan wees.

As ons onsself volgelinge van Jesus noem, moet ons sy leiding volg. En dit beteken dat dinge ‘n bietjie rof kan raak. Hy vra dat ons konflik tromp-op loop in plaas daarvan om weg te hardloop en dit dadelik, direk en nederig te doen — net soos Hy gemaak het.

Ons moet egter in gedagte hou dat as ons konflik op ‘n gesonde manier hanteer, dit nie waarborg dat ons verhoudings herstel sal word nie. Soms gaan mense nie jou verskoning aanvaar nie. Soms sal die konflik nie oornag verdwyn nie. As jy egter leer om konflik op ‘n gesonde manier te hanteer, sal dit jou hart genees, al genees dit miskien nie jou verhouding nie.

Hoekom? Wanneer ons konflik op die regte manier hanteer, word ons meer soos Jesus. 

Kom ons aanvaar dus konflik. Laat ons soos Jesus wees — nederig en vergewensgesind. Onthou: Hy het ons gered toe ons dit nie verdien het nie. Laat ons dus sulke genade aan ander betoon, selfs al dink ons dat hulle dit nie verdien nie. 

Vra vir God om jou te help om konflik op so ‘n manier te hanteer dat dit Hom verheerlik. Vra Hom om jou die wysheid te gee om reg op te tree in elke verhoudings. Help my om ander te vergewe soos wat U my vergewe het. In die Naam van Jesus. Amen