Is jy gewortel?

Die Sequoia boom is die grootste boom ter wêreld, met ʼn deursnee van 9 meter en ʼn hoogte van 76 meter. Vir so ‘n groot boom om stewig te staan, in die wind en deur storms, moet sy wortels goed in die grond geanker wees.

Paulus skryf in sy brief aan die Kolossense, terwyl hy nog in die tronk toegesluit was, dat die kerk gefokus moet bly op Christus. Geloof groei wanneer ons die waarheid aanneem wat in die Woord van God staan.

Geloof groei wanneer ons die waarheid aanneem wat in die Woord van God staan.

Die grootte van die Sequoia boom word nie bepaal deur wat ons aan die buitekant sien nie, maar deur die diepte van sy wortels. Daar is baie storms in die lewe waarteen ons te staan gaan kom, maar daar is net een Naam wat hulle kan kalmeer. Dit is dieselfde Naam wat ‘n vaste fondament is waarop Christenskap gebou is. Dit is die Naam van Jesus Christus.

“Laat jou wortels dieper groei, en jou lewe op Hom gebou wees. Dan sal jou geloof versterk word in die waarheid en jy sal oorloop van dankbaarheid.” (Kolossense 2:7)

Paulus praat van oorvloedige dankbaarheid. In sy situasie lyk dinge somber, en daar is nie iets om voor dankbaar te wees nie. Hy is opgesluit en vasgemaak, hy is fisies ingeperk. Sy perspektief oor die evangelie was nie gekoppel aan sy omstandighede nie; inteendeel, hy het dit as ʼn geleentheid gebruik om Christus bekend te maak.

Ons perspektief is beperk, en ons sukkel om dankbaar te wees, veral as ons net kan sien wat voor ons is. Wanneer ons op God se realiteit fokus, kry ons soveel goed om voor dankbaar te wees, en dit begin alles met die vernuwing van ons denke en perspektief.

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” (Romeine 12:2)

Verandering sal begin plaasvind wanneer ons anders begin dink, wanneer ons die Heilige Gees toelaat om ons denke te kom vernuwe. Ons almal gaan hierdie seisoen van inperking onthou. Wat is die een ding wat God vir jou in hierdie seisoen gedoen het wat jy altyd sal onthou?

Waarvoor is jy dankbaar, ten spyte van die inperkings rondom jou?

God kyk na die hart

Het jy al ooit na iemand gekyk en gewonder hoekom God hulle vir ’n spesifieke taak gekies het? Van nature neig ons om te bevraagteken wat God in daardie persoon sien. Die waarheid is egter dat God nie op die manier oordeel waarmee ons oordeel nie.

Hy sê vir Samuel: “Want nie wat die méns sien nie, sien God.” God sê vir Samuel Hy “sien die hart”. As God na jou hart kyk, wat sien Hy? 

Sien God iemand wat Hom bo alles en almal liefhet?

Hy is ’n jaloerse God en Hy wil nie hê dat enigiets of enigiemand vir ons meer belangrik moet wees as Hy nie. Dawid het God liefgehad en Hom geken. Terwyl hy sy pa se skape opgepas het, het hy baie tyd gehad om te groei in sy verhouding met God. Hy het geleer om op God te vertrou en hy het geweet dat God hom sal beskerm en bewaar. Om op God te vertrou, het beteken dat hy bereid moes wees om Hom te gehoorsaam, selfs toe alles teen hom getel het. Dit is hoekom hy Goliat kon aandurf. 

Jy kan jou hartsgedagtes vir die meeste mense wegsteek as jy hard genoeg probeer.

Wel, ten minste vir ’n rukkie. Jy ken die gesegde om mense ’n “rat voor die oë te draai” – wel, dit werk nie altyd so nie. Jesus het die volgende hieroor gesê: “Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond” (Lukas 6:45).

Wanneer ons onder druk is, is hierdie gesegde waar: “Wat die hart van vol is, loop die mond van oor.” Vertrou jy op God as dit sleg gaan?

Is Hy die Een na wie toe jy draai? 

Wie kan ek vertrou?

Ons is gemaak om deel uit te maak van die kamaraadskap van ‘n groep. Daarom, selfs wanneer ons nie meer lede van die hoërskool rugbyspan, netbalspanne of militêre eenhede is nie, soek baie van ons steeds die samesyn van antieke motorklubs of ‘n Saterdagoggend se gholf viermanskap of net ‘n damesoggend tee sessie.

Maar selfs in die geselskap van hierdie groepe, selfs met dosyne vriende, leef die meeste mense nog steeds ‘n eensame lewe.

Daar is ‘n verskil tussen ‘n vriend(in) met wie jy ‘n stokperdjie deel, of ‘n verlede, of ‘n paar koffie sessies en die soort vriende met wie jy jou daaglikse uitdagings en geheime deel. Ek dink beide soort vriende is belangrik.

Ons vraag vir vandag is: Wie kan ek vertrou?

Die kweek van die soort vriendskap waarin jy teenoor ‘n vriend(in) kan erken dat jy onlangs die versoeking gehad het om na jou verkeerde gewoontes te te keur, kom natuurlik nie maklik vir die meeste van ons nie. Dit moet ‘n baie goeie vriend(in) wees. Maar vandag se vers in Prediker vertel vir ons hoekom dit die moeite werd is om so ‘n vriend(in) te vind. Wanneer die sonde jou na die randjie van ‘n verskriklike besluit lok, is hy/sy die man wat sal help.

Die versoeking van sonde onvermydelik.

Weet jy egter wat wag vir jou as jy die moed geskep het om jou stryd met ‘n vriend te deel? Hy/sy sal sê: “Ek ook.” Wie is daardie vriend(in) vir jou?

PROBEER DIT VANDAG DOEN

‘n Betroubare vriend(in) sal nuuskierig wees oor jou lewe sonder om te kompeteer. Hy/sy sal jou aanmoedig en jou veilig laat voel om jou geheime te deel. Kan jy aan iemand dink wat hierdie eienskappe het? Indien wel, reik vandag uit na hom/haar.

Vertrou God

Joyce Brothers sê: “Die beste bewys van liefde is vertroue.” 

Habakuk bied ons ‘n wonderlike model van ‘n gesonde, gebalanseerde reaksie op wat die ergste nuus moes wees wat hy van God kon ontvang. Selfs toe sy liggaam gereageer het, het hy besef dat hy ‘n keuse gehad het oor wat hy gaan glo. Hy kon sy emosies vertrou. Hy kon sy huidige siening van die situasie vertrou. Of hy kon vertrou dat God een of ander goeie ding uit ‘n ondenkbare scenario kon bring – die Babiloniërs wat hul land binneval. 

In jou lewe mag dit voel asof die Babiloniërs alreeds die landskap van jou hart verwoes het.

Jy mag dalk bedroef wees oor verliese wat jare terug plaasgevind het. Maar selfs te midde van al daardie pyn, sal jy deurbreek tot ‘n nuwe vlak van intimiteit met Hom, indien jy kies om God te vertrou ten spyte van alle bewyse tot die teendeel. Jy sal Sy teenwoordigheid, te midde van jou seer leer ken. Jy sal Sy karakter vertrou wanneer jy nie jou omstandighede verstaan nie. Dit maak dan nie saak wat gebeur nie, hoe pynlik jou hart deurboor is nie, jy kan voortgaan om vir nog ‘n dag een tree verder te gee. 

Soos met Habakkuk word jou gebed eerlik oor wat jy verloor het of sal verloor, as jy besef dat jy steeds vir God het. 

Dalk is dit tyd om hierdie tipe dinge te bid:

  • “Alhoewel my eggenoot gesê het tot die dood ons skei en nie aan die belofte voldoen het nie, sal ek steeds bly wees in die Here my God.” 
  • “Alhoewel ek my kinders grootgemaak het om beter te weet en hulle nou uiters angswekkende besluite neem, sal ek nogtans in die Here my God vertrou.” 
  • “Selfs al het ek gebid dat iemand se gesondheid verbeter en dit net erger geword het, sal ek nogtans op die Here my God vertrou.” 
  • “Al sal my huis nie verkoop word nie en ons aan ‘n draadjie hang, sal ek nogtans op die Here my God vertrou.”
  • “Alhoewel finansies moeilik is en dit R8 000 gaan kos om my motor te herstel, sal ek nogtans op die Here my God vertrou.” 
  • “Al hou ek nie daarvan nie, al verstaan ek dit nie, al weet ek hy/sy kan en hy/sy moet, maar hy/sy doen dit nie, sal ek nogtans op die Here my God vertrou.” 

Rut

Ek het Rut se storie in die Bybel al tientalle kere vantevore gelees, maar een Sondag het ek iets onverwags opgemerk. Rut het nie net die nodige gedoen om te oorleef nie. Sy het dit na gejaag. Sy het hard gewerk, met respek gewerk, gerus wanneer dit nodig was, en die werk afgehandel wat sy moes doen. Sy het van vroeg môre tot die aand toe gewerk en 13 kg se koringare opgetel om haar gesin te help. Rut het opgedaag vir werk, en God het ‘n plan d.m.v. haar lewe uitgewerk wat sou lei tot haar huwelik met Boas en haar plek in die stamboom van Jesus.

Dit is heilige gejaagdheid.

Rut was nie gemotiveer deur gewildheid of erkenning nie. Om koringare bymekaar te maak was harde werk. Dit was nie spoggerig of beroemd of indrukwekkend nie. Dit was vernederend. Rut se werk het betekenis en ‘n doel gehad, en ek glo ons s’n ook. 

  • Wat sou gebeur het as Rut in die huisie wat sy met Naomi gedeel het, rondgekyk en meer gefokus het op wat hulle ontbreek het as wat sy kon bied?
  • Wat as Rut uitgegaan het om werk te soek wat haar belangrik sou maak in plaas daarvan om die werk te doen wat haar presies wou plaas waar God haar wou hê?
  • Sy kon die oes heeltemal mis, sowel as die seëninge wat God haar wou gee toe Hy haar gesin verlos het.

Dit kan moeilik wees om uit te gaan en die harde werk te doen wat God ons geroep het om te doen.

Miskien is jy gevra om te dien in ‘n werkplek wat God nie eer nie, en jy voel soos die vreemdeling in ‘n vreemde land. Of dalk het God jou na ‘n nuwe plek gebring, en jou drome om indrukwekkende werk te doen, wat erkenning en bekendheid sal bring, is vervang met ‘n oproep om op ‘n baie kleiner manier te dien. Miskien het jy getrou gedien in ‘n rol wat jy lief het, maar jy voel gefrustreerd, omdat jy nie die vrug van jou werk sien nie.

As ons ophou probeer en begin om te dien, begin ons om God te vertrou om te oes wat ons getrou plant. Die vriendelikheid wat jy na jou werkplek bring, kan die enigste ding wees wat iemand nader aan God trek. Die liefde wat jy aan ander wys in die klein, onsigbare, getroue plekke, kan die heel eerste poging wees wat God sal gebruik om mense nader aan Homself te bring. En die sade wat jy in geloof plant, kan eendag, geslagte nadat jy gesterf het, die katalisator wees vir ‘n pragtige geskenk wat God met die wêreld wil deel.