In tye van vrees

Mense regoor die wêreld word aangegryp deur vrees. Ekonomiese en finansiële druk, politieke onsekerhede, verhoudings wat opbreek, misdaad, gesondheidskwessies, werkverlies, verwerping en verlating.  Al hierdie dinge bestaan op die gebied van ‘mag’, ‘moontlik’, ’kon wees’. Dit is alles bespiegelend.

Wanneer ons hierdie vrese ongemerk laat, beveg ons nie vrees met geloof nie, maar ons kan ‘n vesting van vrees ondervind. Vaslegging begin met die een subtiele leuen gevolg deur die ander, en voordat ons dit weet het ʼn leuen ons in sy greep. Die vyand gebruik die vestings van vrees om ons vas te trek en ons word gevangenes van vrees.

Nahum 1 vers 7 sê die volgende: “Die Here is goed, ʼn vesting op die dag van moeilikheid; Hy ken diegene wat by Hom skuil.” Om in God se vesting te wees beteken dit word ʼn plek van veiligheid en toevlug, ʼn plek waar Hy ons bewaar en die vyand weerhou.

In die Bybel lees ons van die kinders van Israel wat die Jordaanrivier oorsteek. Stel jou hul vrees voor toe hulle die woedende waters van die rivier tegemoet moes gaan.  Dit was die tweede keer vir baie van hulle omdat hulle die Rooi See moes oorsteek saam met Moses.

Miskien het hulle vergeet dat God hulle voorheen verlos het, of hulle het getwyfel dat Hy dit weer sou doen.

Maar God het.  Sodra hulle die rivier oorgesteek het, het Joshua ʼn opdrag gegee om klippe uit die rivier te bring en dit moes dien as gedenkstene om mense vir ewig daaraan te herinner dat God hulle nooit sou verlaat in hul tyd van benoudheid nie.

Baklei teen jou vrees met geloof deur jouself te verdiep in die kennis van God se karakter.

In Sy wese is Hy goed en betroubaar. Selfs al vergeet jy sy voorsiening in die plek van vrees, is jy genadig om aan Sy bestendigheid herinner te word. As jy voor vrees te staan kom, herinner jouself aan die tye wat God in die verlede vir jou ‘n deurbraak gemaak het. Bou jou eie versameling gedenkstene waarop jy kan terug kyk as jy bang is en herinner jouself daaraan dat God jou toevlug is, ‘n vesting in tye van vrees.

Twyfel en Vrees

Twyfel en vrees loop gewoonlik hand aan hand. Beide getuig van ‘n gebrek aan vertroue en ‘n gebrek aan liefde.

Wanneer twyfel en vrees ons bekruip, is dit ‘n teken dat ons onsself moet afvra of ons versuim om God te vertrou… of versuim ons om Hom werklik lief te hê? Versuim ons dalk om te glo in Sy perfekte liefde vir ons?

Liefde word perfek gemaak in God.

Ons hoeveel nie te vrees of te twyfel oor die verlede, die hede of die toekoms nie.
Hy laat werklik dinge ten goede uitwerk as ons Hom liefhet en soek na Sy hart. Ons dien ‘n ongelooflike, wonderlike en kragtige God… ’n God wat so baie omgee dat Hy elke sekonde van die dag by ons is. Hy slaap nooit nie en Hy vat nooit ‘n oomblik af nie.

God verlaat ons nooit nie. Hy laat ons nooit in die steek nie. Hy is nooit wispelturig nie. Hy het ons werklik baie lief en Hy gee om oor elke fyn besonderheid van ons lewens… niks word uitgesluit nie. Ons dien ‘n alles-inklusiewe God!

Wanneer ons twyfel kies ons om te glo dat God nie ons beste belange op sy hart dra nie. Ons betwyfel sy ongelooflike liefde vir ons. Besef jy hoe groot Sy liefde vir jou is? Sy liefde is dieper as die dieptes van die see… wyer as die hele aarde… en hoër as die hemele! Hy bemin jou meer as wat jy ooit kan begryp.

Jy hoef nie langer te vrees of te twyfel nie.

Hoe meer jy verlief raak op God, hoe minder vrees, bekommernis of twyfel sal jy ervaar. Liefde is die teenmiddel. Die psalm skrywe se tog: Proe en sien dat die Here goed IS! Sy liefde is die beste!

Watter twyfel, bekommernis of vrees moet jy vandag met God deel? Ek moedig jou aan om al jou vrees, bekommernisse en twyfel… elke situasie wat jou hart of jou gees gebreek het… vandag voor God se voete neer te lê.

Gee vandag ALLES aan Hom oor!
Val in sy arms en kies om Hom te vertrou!

Liefde Oorwin Vrees

Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, dis die teenwoordigheid van liefde wanneer jy vrees in die gesig staar. Dalk gaan jy nou deur ‘n moeilike tyd in jou lewe. Vrees oorval jou van alle kante en jy vra jouself af: 

As God so liefdevol en kragtig is, hoekom gaan ek dan deur al hierdie pyn?

God is nie soos ‘n sadistiese kind wat insekte martel omdat dit vir hom lekker is nie. Hy is die verpersoonliking van liefde en Hy het jou liewer as wat jy jou ooit kan verbeel. As jy deur ‘n moeilike seisoen gaan, moenie toelaat dat vrees die oorhand kry nie. Keer jou na die liefde van jou Hemelse Vader en vind daar rus. Selfs in oomblikke van pyn sal Hy jou deurdra en iets goeds daaruit laat voortkom.

Liefde is in staat om jou vrese te oorkom, want dit gee jou moed om hulle met geloof aan te pak.

Almal van ons het vrees in ons lewens. Ek dink toe God ons gemaak het Hy geweet hoe baie ons met vrees gaan sukkel, en watter groot gevaar dit vir ons lewens sou inhou. Dis hoekom Hy oor en oor in die Bybel sê: “Moenie vrees nie.”

God sê nie net dat ons nie moet bang wees nie, Hy gaan verder en sê hoekom ons nie moet bang wees nie. Hy het belowe om altyd by ons te wees. Wat ‘n wonderlike belofte!

Stel jou jou lewe voor met ‘n hart vol liefde en moed.

Hoe verskil daardie voorstelling van hoe jou lewe op hierdie oomblik lyk? Daardie vreeslose prentjie is moontlik, as jy kies om ‘n lewe te lei wat deur liefde aangespoor word. Verbind jouself aan die pad van liefde en moenie omkyk na die pad van vrees nie.

Goeie dae is aan die kom. God belowe dit, en daarom is dit waar.

Wyse Vrees

Daar is goeie vrese. Die vrees van God is een van hulle. Dit is fundamenteel. Dit voed al die ander goeie vrese. Dis ‘n wyse man of vrou wat God eerste vrees. Die vrees van God is innig aan die begin van jou geloofswandel. Dit is die wittebroodstadium van jou huwelik met Christus. Jy weet nie van beter as om te doen wat van jou verwag word nie. Maar as die vrees van God verwaarloos word, sluip ongehoorsaamheid in. (Psalms 36:1) Soos enige ander geloof of dissipline, moet die vrees van God gevoed word deur geloof en gehoorsaamheid.

Die vrees van God hou jou eerlik teenoor Hom en jouself. Dit is die begin van aanspreeklikheid.

Die genade van God – sonder die vrees van God – is ‘n illusie. Daar kan geen genade sonder vrees wees nie, net soos daar geen vrees sonder genade is nie. Die mens wat nie God vrees nie, is dwaas. Die vrug daarvan is dwase keuses en ‘n ongedissiplineerde lewe. 

Nog iets: Sukses is ‘n vyand van die vrees van die Here. Hoe meer sukses jy ervaar, hoe meer is jy geneig om nie te vrees nie. Eintlik moet die teenoorgestelde egter waar wees. Hoe meer sukses jy geniet, hoe meer het jy die vrees van God en die vrees vir die nagevolge van sonde nodig. Baie keer verleen sukses selfstandigheid. Dit is juis hier waar jy slim moet wees en jou vlak van aanspreeklikheid verhoog. Erken die naakte waarheid teenoor jouself.  Jy kan nie selfstandig wees sonder om aanspreeklikheid te aanvaar nie. Dawid kon nie, en hy was ‘n man na God se hart. (Handelinge 13:22) As dit nie aangespreek word nie, lei selfstandigheid sonder aanspreeklikheid tot ‘n reeks slegte besluite.

Niemand is bo die wet verhewe nie, en niemand is bo aanspreeklikheid verhewe nie.  

Die leier wat aanspreeklikheid in sy geloof, finansies, gesin, werk en ontspanning inwerk, is wys. Diegene wat dink dat hulle dit nie nodig het nie, het dit die meeste nodig.  Jy kan dalk begin deur ‘n persoonlike assistent van dieselfde geslag in diens te neem, wat saam met jou werk en jou op sakereise kan vergesel. Dit is jou geleentheid om ‘n raadgewer te wees vir ‘n jong, opkomende leier, en dit is sy of haar geleentheid om jou aanspreeklik te hou. Ons vaar almal beter as ander ons dophou.

Die vrees van die Here voorkom dat jy sondig. (Eksodus 20:20) Nooi jou gade, komitee, werkgewer en aanspreeklikheidsgroep om jou verantwoordbaar te hou. Wees deursigtig met jou professionele en persoonlike finansies. Vertel jou gade as jy emosioneel geheg raak aan iemand anders. Wees baie oordeelkundig met jou alleentyd.

Ledigheid lei tot onbesonnenheid.

Jy sal wys wees om allentyd tot jou Verlosser, jou gade en spesiale vriende te beperk. Die vrees van God is jou vriend. Jy is baie slim as jy die gevolge van sonde vrees. Dit is wys om onaanspreeklikheid te vrees. Die vrees van God is bevrydend. Vrees daarom God, vertrou Hom en haat sonde.