Wag

Ek het al menigmaal gewonder hoe anders my lewe sou wees as ek handdoek ingegooi het toe ek wou. My verhaal kon so geklink het: “Ja, ek het altyd gedink ek was veronderstel om ‘n pastoor te word, maar ek het dit probeer en dinge het nie uitgewerk nie. Dis maar hoe die lewe is.”

Ek is seker dat jy ook al met uitdagings in verskillende seisoene van jou lewe geworstel het: ‘n baas wat jy dink jy nie nog ‘n dag langer kan verdra nie, ‘n verhouding wat skielik seermaak, ‘n droom waarvan die hulpbronne opraak, ‘n skuif wat nie aan jou verwagtinge voldoen het nie. Wanneer jy probleme in die gesig staar, is dit normaal om jou gewigtige, lewensveranderende besluite te heroorweeg. Jy mag vrae soos die volgende vra:

  • Moet ek die kans waag om my huidige werk te bedank en iets anders te soek?
  • Is dit tyd vir my om aan te beweeg, nadat my vriende en familie opgegee het op my?
  • Is ek regtig uitgeknip daarvoor om ‘n besigheid te bedryf? Moet ek my verliese aanvaar voor dinge enigsins erger raak?

In elkeen van hierdie voorbeelde — en in die meeste groot lewensbesluite — is jy by ‘n kritieke kruispad, en is dit tyd om te besluit: moet ek wag of wegstap?

Kies ek om moed op te gee omdat dit die regte ding is om te doen, of omdat dit makliker sal wees om alles te los?

Dikwels is die beste en mees lonende keuse om op die pad te bly, selfs wanneer dit makliker sal wees om om te draai en weg te loop. Ek sê nie dit gaan nooit nodig wees om weg te stap nie. Voor jy egter die besluit neem, vra jouself: “Kies ek om moed op te gee omdat dit die regte ding is om te doen, of omdat dit makliker sal wees om alles te los?” Getrouheid om te bly waar jy gevestig is, is soms die grootste daad van geloof. Jare in die toekoms mag jy dalk terugkyk en God dank dat jy besluit het om te bly toe dit makliker sou wees om te gaan.

Onthou, God het jou na Sy beeld geskape en Hy is die leidsman en voleinder van jou verhaal. Jy is nie iemand wat tou opgooi nie. Jy is ‘n voltooier.

Here, is daar enigiets waarvan ek probeer wegstap, wat U wil hê ek moet klaarmaak? Sal U my u krag gee om deur te druk?

Die Wagkamer

Ons het al almal mense die frase “in die tussentyd” hoor gebruik, terwyl hulle op iets wag. Wanneer ons in die “wagkamer” is, kan die “tussentyd”, terwyl ons vir ons genesing of ‘n wonderwerk wag, partykeer nogal ergwees, nie waar nie? 

Wat doen ons dus in die “tussentyd”?

Hoe behou ons die geloof en vertroue in God dat Hy werk wanneer ons dit nie kan sien nie? Hier is ‘n paar voorstelle:

Loof Hom In Jou Pyn
Een van die belangrikste dinge wat ons in ons pyn kan doen, is om God te aanbid. Hy is dit elke dag waardig. Wanneer ons aan alles dink wat Hy vir ons gedoen het en die ewigheid wat ons saam met Hom gaan deurbring, hoe kan ons anders? Fokus op God se eienskappe Hy is ewig, onveranderlik, almagtig, volmaak, genadig en Hy is altyd oral. Ons gee God eer en lof voordat ons uit ons beproewing kom of voor ons die uitkoms ontvang wat ons begeer.

Hou Aan
Te midde van die pyn kan jy dalk net swakheid aan jou kant sien, nie die geestelike spiere wat groei of hoe sterk jy word nie. Met elke herhaling van gebed, aanbidding, lees van God se woord en vertroue in sy beloftes, word jou gees versterk. Dit is in ons swakheid wat sy krag volmaak word. Baie sê dat beproewings ons maak of breek.Vertrou dat joune jou maak.

Stort Jou Hart Uit
Al die pyn wat jy dra, maak God nie bang nie. Hy is volkome in staat om jou vrae, vrese en selfs jou woede te hanteer. Hou net aan om na Hom toe te kom. Beproewings kan ons laat vashou aan Christus, of van Hom laat wegvlug. Klou aan Hom vas. Jy begryp dalk nie nou hoekom die swaarkry nog in jou lewe is nie. Dit is wanneer jy die waarhede wat jy geleer het toe dinge maklik was, in die praktyk toepas. Dit is ‘n daaglikse oorgawe en vertroue.

Hou die Ewigheid in Gedagte
Ons oë moet gevestig wees op die ewigheid. Wanneer ons fokus op die sigbare, dan fokus ons op die tydelike. Dit is egter die onsienlike, wanneer God agter die skerms werk, wat ewig is. God bereik dinge in ons, deur ons en vir ons en ja, selfs met ons. Kom ons lê geduld aan die dag terwyl ons kyk hoe Sy volmaakte tydlyn in vervulling gaan.  

Terwyl jy jou wagkamertyd verduur, moet jy nie bang wees om terug te kyk om jou vooruitgang te sien nie, want jy hét vooruitgang gemaak. Hou dan aan om die volgende treë te gee. Jy weet nooit wanneer jy skielik ‘n opening in jou geestelike wolke sien nie.

Die dag wanneer jy dink jy kan nie verder nie, is dalk die dag van jou deurbraak. 

Dink dalk bietjie hieroor na:

  • Wanneer jy in die wagkamer van jou lewe is, vra God om aan jou iets wys wat Hy elke dag in en deur jou doen.
  • Skryf jou gedagtes neer, rondom jou wagkamer ervaring.

Wag

Die meeste van ons hoef nie meer te lank vir enigiets te wag nie. Dink net aan hoe rusteloos jy voel wanneer die tandarts nie op tyd is. Dit maak jou gek, nie waar nie? 

Peter Marshall sê iets mooi:- “O Here, leer ons die dissipline van geduld, want om te wag is dikwels moeiliker as om te werk.” 

Blykbaar was Habakuk ook nie gek daaroor om te wag nie. Nogtans het hy geweet dat dit die volgende ding was wat hy moes doen as hy dit uit die vallei van wanhoop wou maak. God het vir hom gesê: “Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.” (Habakkuk 2:3) 

Die Hebreeuse woord hier vir “vasgestelde tyd” is mow’ed, wat beteken, die regte tyd, die bepaalde tyd, die goddelike gekose tyd, wanneer God toelaat dat iets gebeur. Daar is ‘n ou gesegde dat God selde vroeg, nooit laat nie, en altyd betyds is. Dit word opgesom deur mow’ed. 

Miskien bid jy al, vir wat ewig blyk te wees, vir iemand wat jy lief het om na Christus te kom. Dus wag jy. Jy mag dalk vir God ‘n ander soort wonderwerk vra. Vir iemand om gesond te word. Vir iemand om bevry te raak van ‘n verslawing. Vir ‘n bevordering. Of ‘n gade. Jy bid. Jy wag. 

Dan wag jy nog meer. 

Wanneer jy deur die Skrif kyk, sal jy voorbeeld na voorbeeld na voorbeeld sien van mense wat deur God gekies is, naby aan Hom, wat nog steeds vind dat hulle moet wag. God het vir Moses gesê: “Ek gaan jou gebruik om my volk te red en die nasie van Israel te herbou.” Toe het Moses op ‘n veertig jaar lange reis gegaan. Veertig jaar!  

Hier is nou een van my gunstelinge. Die apostel Paulus het ‘n visie en ontmoet Christus. Hy ondergaan ‘n verandering en sê: “Ek word geroep om te preek. Dis waarvoor ek hier is. Dit is al. Ek is genoodsaak om die evangelie te verkondig. Dit is my Godgegewe, uitsonderlike doel in die lewe.” En dan wag hy. Dertien jaar het verbygaan voordat daardie doel begin het. Dertien jaar voor hy die geleentheid gekry het om sy heel eerste preek te lewer! 

Sommige seisoene in die lewe, wag jy net.

Is jy gewillig om te wag? Dalk moet ons vir God vra, wat kan ek doen om U te leer ken terwyl ek wag?

Wag en Luister

Wees eerlik met jouself. Wanneer was die laaste keer toe jy gesit en slegs ‘n opregte, lewendige gesprek met iemand anders gehad het, waarin jul om die beurt opreg geluister het na wat die ander te sê het? Geen toestelle. Geen TV. Geen musiek. Geen afleidings. 

Geen wonder dit is so moeilik vir ons om na God te luister nie. 

Luister na jou lewe. Alle oomblikke is sleuteloomblikke.  – Frederick Buechner

Met die lees van Habakuk 1 sien ons dat hy met vrymoedigheid vir God al die werklik moeilike vrae gevra het wat op sy hart was. Dit is moeilik om vir iemand lief te wees – selfs vir die Skepper van die Heelal – indien jy griewe het en jou werklike gevoelens wegsteek. Habakuk was duidelik lief vir God, maar dit het hom nie verhoed om Hom respekvol uit te daag met die versoek om hom te help om die groot gaping tussen wat hy glo en wat hy in die lewe om hom sien, te verstaan nie. 

Nadat die profeet al sy vrae gevra het, het hy geweet dit was nou tyd om te luister. Dieselfde geld vir ons. Habakuk skryf: “Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.” (Habakuk 2:1) Hierdie beelde – “ek sal op my uitkyktoring staan en wag om te hoor wat God vir my wil sê”, is vir my kosbaar. Soms is die redes waarom ons nie antwoorde op ons vrae kry nie, die feit dat ons nie gewillig is om te rus en lank genoeg te wag vir God om Homself aan ons te openbaar nie. 

Die skrywer van Psalms 46:10 haal God aan: “Wees stil, en weet Ek is God.“(DB) Let op wat God nie  nie. Hy sê nie “wees besig, en erken dat ek God is” nie.


Hy sê “Wees stil.” Wees. Stil. En Luister. 

Hoe luister jy eintlik na God? Jy kan Sy Woord oopmaak en die Gees toelaat om die waarheid tuis te bring. God praat deur omstandighede, indien jy lank genoeg tot stilstand kom om daaroor na te dink. God praat deur mense wie goddelike wysheid deel. God kan ook direk met jou praat deur Sy Gees. Wanneer jy aan die Here behoort, tyd saam Hom spandeer en stil word voor Hom, sal jy leer om Sy stem te herken. 

Miskien het jy die Here gevra vir iets wat jy nodig het. Dit is heeltemal aanvaarbaar, want God wil hê dat ons na Hom moet uitreik. Maar, is jy bereid om te luister na wat God vir jou wil sê, al is Sy antwoord nie wat jy wil hoor nie?

Hou aan luister, die Here sal jou nie in jou tyd van nood in die steek laat nie. Hy sal jou altyd vashou en jou deur jou pyn dra.