Abraham

Abraham is bekend as die grootste patriarg in die Joodse geloof. Aangesien hy van die digbevolkte stad Ur afkomstig is, was hy eintlik ‘n heiden (‘n nie-Jood) voordat hy die eerste Hebreër geword het. Hy is ook deur God gekies om die vader van ‘n groot nasie te wees. 

Ten spyte van die feit dat hy deur ons uitsonderlike God geroep is om doelwitte van die koninkryk te vervul, was hy ‘n doodgewone man. Hy was ‘n eenvoudige herder wat afgestam het van ouers wat nie navolgers van God was nie. Ten spyte van hierdie roeping het hy steeds swak keuses gemaak. Hy het nie altyd opgetree soos ‘n patriarg van die Joodse geloof behoort te doen nie. Dit het duidelik nie vir God saak gemaak nie. Hy was die man wat God vir die taak bestem het en God was nooit verbaas wanneer Abraham se menslikheid hom gepootjie het nie. 

Alhoewel hy nie geweet het waarheen nie, was hy gehoorsaam en het hy die bekende verruil vir die onbekende. 

Hy is nie gekies omdat hy buitengewoon talentvol of uitermate wys was nie. Abraham het geen Bybelboeke geskryf nie, hy het geen profesieë met mense gedeel nie en hy het ook nie enige wette op kliptafels geskryf nie. Die belangrikste ding wat ons van Abraham weet, is dat hy gehoor het toe God hom geroep het om te trek, en alhoewel hy nie geweet het waarheen nie, was hy gehoorsaam en het hy die bekende verruil vir die onbekende. 

Hier is twee lesse uit die lewe van Abraham:

God Gebruik Enigiemand:

Die verhaal van Abraham is bemoedigend vir diegene wat voel hulle het nie die regte kwalifikasies of opvoeding nie. Abraham was duidelik ‘n “niemand” wat God geroep het om ‘n “iemand” vir die Hebreeuse volk te wees. Jy mag dalk voel jy het baie min om te bied, aangesien jy nie van ‘n vooraanstaande familie kom nie of dalk voel jy dat jy nie slim genoeg is om deur God gebruik te word nie. Wees verseker, God soek ons gewilligheid om die werk te doen wat Hy beplan het.

Dit Is Nooit Te Laat Nie: 

Toe God Abraham geroep het om sy vaderland te verruil vir ‘n onbekende plek, was hy 75 jaar oud. Hy het vir die eerste keer ‘n pa geword toe hy 86 jaar oud was en hy is eers besny toe hy 99 jaar oud was. Baie mense dink soos hulle oud word, word hulle minder belangrik vir die wêreld en ook om God se doelwitte te bereik. Solank ons op hierdie aarde lewe het ons ‘n doel om te vervul. 

God is absoluut in staat en gewillig om ons alles te gee wat ons nodig het om Sy doelwitte te bereik.

Ongeag of ons voel ons is toegerus of nie, te jonk of te oud. God kan ons gebruik om Sy groot werk te verrig. Hy soek net beskikbare harte wat getrou sal bly.

Leave a comment