Jou Beste Lewe…Later

Jy besef seker teen hierdie tyd dat jy ‘n keuse moet maak: laat die lewe sy eie gang gaan, wat in werklikheid beteken dat jy moontlik God met jou oorskiet dien, of dalk hardloop jy doelbewus na Christus.

Besef jy hoe doelloos dit is om vervulling te vind sonder Hom? Verstaan jy dat dit onmoontlik is om God tevrede te stel op enige ander manier as om jouself totaal aan Hom oor te gee? Begryp jy die wonder en vreugde van ‘n intieme lewe saam met God, ons Hemelse Vader en Vriend?

Begeer jy God meer as wat jy veiligheid verlang?

Dalk is jou antwoord ‘ja’ op al hierdie vrae, maar jy wonder tog dalk wat dit als behels. Kom ek gee jou ‘n voorbeeld.

Hoe sal jou lewe verander as jy elke persoon waarmee jy in aanraking kom, sien as Christus—die persoon wat so stadig ry hier voor jou, die kassiere in die winkel wat eerder met die een langsaan wil gesels, of die familielid wat jou iriteer?

In Matteus 25 seën Jesus sommige mense vir wat hulle gedoen het. Hulle vra verward:“Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?”

Sy antwoord is verstommend:“En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’” Jesus sê in der waarheid dat ons God se liefde op ‘n tasbare wyse aan ander bewys as ons vir die omgee vir die armes en die wat ly. Hy verwag dat ons sulke mense moet hanteer asof hulle Christus self is.

  • Behandel jy die mense met wie jy op ‘n daaglikse basis in aanraking kom soos jy Christus sou behandel?
  • Is jy besorg oor die“geringstes” al is dit tot jy eie nadeel?
  • Hoe kan jy jou hart en gedagtes verander sodat jy nie geleenthede sal miskyk waar jy Christus se liefde met ander kan deel nie?
Advertisements

Kom na My Toe

Jesus se oproep na rus in Matteus 11:28 is een van my gunsteling Bybelverse. As jy al ooit ‘n onverwagse tragedie, teleurstelling, diagnose of verlies in die gesig gestaar het, dan het jy al seergekry . Jy is moeg. Jy is dalk net uitgeput. “Kom na My toe” is die opregte woorde van ‘n sagmoedige Redder wat jou uitnooi om veiligheid en rus in Hom te vind.

Jou vermoeidheid maak dat jy kwalifiseer vir hierdie uitnodiging.

Hy begeer dat jy erkenning sal gee aan wat dit ookal is wat jou verdruk. In antwoord daarop bied Hy jou rus, vrede en verligting.

Ek noem dit die Groot Uitruiling. Dink bietjie mooi oor hierdie Skrifgedeelte. Maak jou oë toe en stel jouself die toneel voor. Jesus staan met sy arms wyd oop. Hy soek na jou. Hy nooi jou uit om jou las te beskryf. En om dit dan by Sy voete neer te sit. Stel jou voor hoe Jesus jou las vat en dit vir die Vader gee, en hoe Hy dan terugkom na jou toe, waar Sy arms ‘n bed word vir jou uitgeputte siel. Hy ken jou stryd en Hy bied hulp en hoop aan vir die pyn wat jou verlam. Erken jou pyn aan Hom. Reageer op sy uitnodiging. Hierdie stap bevry jou, sodat jy kan begin bou aan jou veerkragtigheid. Dit sal verhoed dat jy vasgevang raak in jou lyding. 

Jou seer hoef jou nie te definieer of jou toekoms te bepaal nie.

Miskien kom jou seer al jare lank aan en leef jy met die nagevolge. Jy hoef nie vir ewig te wag om genesing te vind nie. Herstelling kan vandag begin, nou dadelik. Wanneer jy vasgevang is in jou lyding, bly in net oorleef. Jy leef nie voluit nie. Dit is nou die tyd om te leef! Om te floreer! Om te herstel! Dit is tyd om jou lewe terug te neem. God begeer dat jy sal terug bons van die seer wat jou beroof en jou wêreld laat inkrimp het. Inderdaad, Hy het goeie planne vir jou. Hy begeer om jou lyding te gebruik om iets ongelooflik te skep. Om jou te bevoordeel. Om jou na hoër hoogtes te stuur. Omdat Hy jou liefhet, wil Hy jou veerkragtigheid versterk. Hy begeer om jou seer te gebruik om iets pragtig in jou te skep.

  • Voel jy ooit dat jou lyding definieer wie jy is?
  • Hoe sal dit wees om God se genesing te ontvang?
  • Hoe kan jou pyn iets pragtig in jou voortbring?

laag buig of te hoog vlieg,

Ek het ywerig die Woord bestudeer. Ek het vurig gebid. Ek het doelgerig voorberei. Ek het voor daardie groep mense gestaan en my bes gedoen om God se Woord te verkondig op ‘n manier wat akkuraat en toepaslik sou wees. Ek het my hart uitgespreek. Toe die mikrofoon afgesit het en die aankondiger oorgeneem het en ek die verhoog verlaat het, sou ek met ‘n duidelike gewete gesê het dat ek my plig voor God nagekom het, dat ek my uiterste bes gedoen het om Hom te eer en Sy mense te seën met die geleentheid wat Hy my gegee het. Ek het goed gevoel. Ek het geseënd gevoel.

Dit is vir my steeds ‘n wonder dat God my ooit die voorreg gee om sy Woord voor sy mense oop te maak.

Maar iets het gebeur toe ek by die trappe afstap en agter die verhoog wegraak om my mikrofoon en Bybel in my kantoor te gaan plaas het. ‘n Skielike versoeking het in my hart gedreun. Skielik vind ek dat ek gerusstelling van buite wil hê. Ek wou die goedkeuring van ander mense hoor. Ek wou weet dat ander geseën is deur wat ek gesê het. En net daar en daar het ek ‘n vreeslike fout gemaak. Ek het Facebook geopen.

Wat ek op Facebook gevind het, was skrikwekkend. Gelei deur ‘n paar taamlik prominente mense in my omgewing wat veral in die grootter kerk in my dorp is wat besig is om van my ‘n bespotting te maak. Hulle het veral verwys na my taal gebruik en hoe ek aantrek vir dienste, ‘n aanduiding van hoeveel dit teen my persoonlikheid gaan om voor mense te staan. Hulle het seker gemaak dat ek en hul volgelinge presies weet hoe hulle daaroor en oor my voel. Ek het op die oomblik geen idee gehad nie en sou glad nie ‘n idee gehad het nie. Maar ek het Facebook geopen.

Facebook was oop vir ‘n sekonde, miskien twee, maar dit was genoeg — meer as genoeg — om my tot op die grond plat te slaan. In ‘n oogwink wou ek weghardloop, wegkruip in ‘n donker hoekie, onmiddellik reageer en wou net by die huis kom. In ‘n oogwink daal ‘n waas van somberheid oor my neer. Ek wou weg hardloop, êrens heen verdwyn en weg wees. Dit was ‘n donker oomblik.

Natuurlik het die wolk begin oplig. Dit doen altyd.

En terwyl dit opklaar, moes ek die pynlike werklikheid waarmee my trots pynlik blootgestel is, hanteer. Ek is gedwing om te aanvaar dat ek ‘n les oor trots moet leer. Trots is natuurlik ‘n konstante versoeking vir my en elke ander mens.

Sommige sou so vêr gaan as om te sê dat trots die wortel van elke sonde is. Maar die vreemde ding van trots is dat dit op verskillende maniere kan manifesteer. Stel jou ‘n oomblik voor dat ek toe ek Facebook oopgemaak het, gevind het dat mense my in dieselfde mate goed gepraat het eerder as wat hulle met my die spot gedryf het.

Stel jou voor dat hulle op my sterk punte gefokus het, soos hulle gekies het om op my swakhede te fokus. Stel jou voor dat hulle my probeer oplig het in plaas daarvan om my af te getrek het. Wat sou gebeur het? Onvermydelik sou trots my daartoe gelei het om tot groot hoogtes te styg. Ek sou alle gevoelens van die goedheid en barmhartigheid van God verloor het, want ek het my in my eie sterk punte openbaar.

Terwyl dit plaasvind, was die mense daardie dag wreed eerder as vriendelik. Hulle was kwaadwillig in plaas van bemoedigend, vyande in plaas van aanhangers. Maar dit het ook my trots aangegryp en my laat struikel. Dit het my gelei om in diep, donker valleie te wemel. Die trots wat my kon opgebou het, het my ondertoe getrek.

Trots het my daartoe gelei om Facebook oop te gemaak het sodat ek my ego kon laat streel. My ego was in die kol. En ek het daardie dag geleer hoe trots ‘n meedoënlose vyand is. Of ek nou te laag wil buig, en of ek te hoog wil vlieg, die oorsaak is dieselfde – dit is die lelike, kwaadwillige, onderdrukkende, bedrieglike, ewig teenwoordige sonde van trots.

Identiteitkrisis

Jakob was in ‘n identiteitkrisis. Jare lank was hy bekend as die jongste van ‘n tweeling. Hy het sy broer se haksteen vasgegryp in sy stryd om die eersgeborene te wees. Sy ma, Rebekka, het hom voorgetrek en ‘n seën vir hom bewerk, ongeag die nagevolge. Sy het regdeur Jakob se kinderjare en grootmens wêreld probeer om hom die man te maak wie sy wou hê hy moes wees.

Vir ‘n lang tyd het Jakob saamgespeel. Hy het daardie selfde begeertes gekoester en die grense probeer skuif om die persoon te word wie hy nie was nie. Jakob se identiteit was in sy ma se gedagtes gevorm en sy het hom gedruk om te wees wie sy wou hê hy moes wees.

Dit alles het in Genesis 27 verander toe Jakob die eersgebore seën van sy broer gesteel het. As gevolg van hierdie besluit en sy bedrog, moes hy vlug van die enigste huis en gesin wat hy geken het. Jakob moes besluit wie hy regtig was. Moes hy die etikette behou in die nuwe wêreld wat hy sou betree, of moes hy besluit om die man te wees wie hy wou wees?

God het Jakob deur ‘n moeilike, maar ongelooflike seisoen geneem wat tot sy voordeel was. Hy het ontdek wie hy regtig was en wat hy veronderstel was om te doen. Hy het dieselfde behandeling en bedrog van sy skoonpa ontvang as wat hy voorheen uitgedeel het. Ek is seker dit was ‘n groot ontnugtering vir hom.

Jakob het ‘n identiteitskrisis gehad in sy grootmensjare en hy het besluit om nie meer die etikette wat aan hom toegesê was uit te leef nie, maar om die man te word wat God gesê het hy moes word. Hy het fisies met God geworstel en as ‘n ander persoon daaruit gekom. 

Jakob is ‘n “enkelgryper” genoem toe hy gebore is, maar na sy worsteling met God, het hy ‘n nuwe naam gekry. Die etiket wat so lank om sy nek gehang het, is verwyder en slegs sy ware identiteit en lewensdoel — om ‘n vader van die nasies te wees — het oorgebly.

Terwyl jy hier lees het jy ‘n reis begin om jou ware identiteit te ontdek. Gaan jy toelaat dat die etikette van die verlede om jou nek bly hang, of gaan jy kies om die ware jy te ontdek en uit te leef?

Hoekom Moet Ons Aanbid?

Op hierdie oomblik, oral om jou, is daar mense van alle vorms en groottes, persone van elke ouderdom en doel, wat konstant aanbid — wat konstant besluite maak oor waarop hulle aandag en liefde gerig sal wees, gebaseer op waaraan hulle die meeste waarde heg. 

Sommige vorms van aanbidding vind ‘n mens buite die kerk, wat geen verwysing na die God van die skepping het nie.

Om sulke aanbidding te sien hoef jy slegs ‘n draai te maak by ‘n konsert of na ‘n sportbyeenkoms te gaan. Mense gaan te kere, hulle lig hulle arms in die lug op, hulle skree en juig, hulle staan in verwondering en verklaar hulle trou. Dis interresant dat sulke byeenkomste gevul word met dieselfde vorms van aanbidding wat in God se Woord genoem word — dieselfde uitdrukkings van geloof wat God verlang en verdien.

Die deurdringende vraag is dan: “Hoekom?”

Waarom smag ons na iets om te aanbid? Hoekom word ons so onversadigbaar aangetrek van afgod na afgod, met ‘n desperate behoefte vir iets om voor te staan, iets om te verhef, iets om te vereer?

Hoe weet ons vir seker dat sommige goed belangriker is as ander, meer werd om aanbid te word? Hoe weet ons selfs dat waarde, of skoonheid bestaan?

Ek glo dit is omdat ons so geskape is. Ons is vir God geskep.

Die Bybel stel dit só: Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Jy is deur God geskape. En asof dit nie genoeg was nie, is jy ook vir Hom geskape. As gevolg daarvan, besit jy jou eie interne kompas, vasgenael diep binne jou siel, wat vir ewig op jou Skepper gerig is. ‘n Interne, Godgerigte magneet, wat jou hele wese na God toe trek.

Ons is gemaak na God se beeld, en daarom weet ons dat daar iets is om onsself aan te verbind, iets waarby ons pas, iemand aan wie ons behoort, iewers is ons tuis. Dit is hoekom ons toegerus uit die baarmoeder kom met ‘n verbintenis aan God, vooraf bedraad om Hom te prys. Dit is hoekom ons van jongs-af begin aanbid.

Ons kom in hierdie wêreld in as voorwerpe van goddelike liefde, wonderbare ontvangers, ontwerp om Hom genot te bring. As almal maar net kon weet dat ons deur en vir God geskep is! As ons maar net almal kon verstaan dat ons kosbaar is vir Hom, mense met spieëlbeeld siele wat Sy heerlikheid weerkaats.

Skryf dalk bietjie neer vir jouself om te: Beskryf ‘n tyd in jou lewe toe jy bewus geword het van God se “magneet” wat jou na Hom toe trek, ek tel die papier op voor jou ek kyk daarna… God wil met jou praat oor dit! 

Jy Is ‘n Aanbidder

Jy, my Vriend… is ‘n aanbidder! Daar het ek dit nou gesê.

Elke dag, die hele dag lank, oral waar jy gaan, aanbid jy. Dis wat jy doen. Dit is wie jy is. Ek weet nie of jy jouself as ‘n “aanbidder” beskou of nie, maar jy kan nie anders as om iets te aanbid nie.

Dit is waarvoor jy geskape is.

Aanbidding is ons reaksie op dit wat vir ons die meeste waarde het. Aanbidding sê: “Hierdie persoon, ding of ervaring, is vir my die belangrikste in my lewe… dis wat ek eerste stel.”

Daardie “iets” mag dalk ‘n verhouding wees. ‘n Droom. Vriende. Status. Besittings. ‘n Naam. Een of ander plesier. Watter naam jy ook al daaraan koppel, hierdie ding of persoon is wat jy in jou hart besluit het die belangrikste vir jou is. En wat ook al vir jou die belangrikste is, dit aanbid jy.

Sommige mense besoek die naaste kerk, en verklaar plegtig dat hulle die Lewende God bo alles aanbid. Ander, wat selde hulle voete in die kerk sit, sal sê dat aanbidding nie deel van hulle lewens is nie, want hulle is nie eintlik “godsdienstig” nie. Maar almal het ‘n altaar. En elke altaar het ‘n troon.

Hoe weet ‘n mens wie of wat jy aanbid?

Dis maklik. Jy kyk net waaraan jy die meeste van jou tyd bestee, waarvan jy hou, waarop spits jy jou energie toe, waarop spandeer jy jou geld en wat is vir jou van hoogste waarde. Aan die einde van daardie soektog, sal jy ‘n troon vind; en wie of wat ook al op daardie troon is, is dit waaraan jy die hoogste waarde koppel. Op daardie troon sit dit wat jy aanbid.

Natuurlik loop ons nie rond en sê: “Ek aanbid my besittings. Ek aanbid my Xbox. Ek aanbid my loopbaan. Ek aanbid plesier. Ek aanbid haar. Ek aanbid my liggaam. Ek aanbid myself!” nie.

Maar die spore jok nooit. Ons mag sê dat ons hierdie of daardie ding hoër ag as iets anders, maar die meerderheid van jou dade spreek harder as woorde. Op die ou end gaan aanbidding baie meer oor wat ons doen as oor wat ons sê.

Aandbidding is dié vernaamste aktwiteit van die menslike siel. Alle mense aanbid die hele tyd. Aanbidding vind nie net op Sondae plaas nie. Dit gebeur voortdurend.

Indien ‘n vreemdeling na jou dade en woorde van die afgelope 24 uur sou kyk, watter afleiding kan hy of sy van jou aanbidding maak?

Wyse Vrees

Daar is goeie vrese. Die vrees van God is een van hulle. Dit is fundamenteel. Dit voed al die ander goeie vrese. Dis ‘n wyse man of vrou wat God eerste vrees. Die vrees van God is innig aan die begin van jou geloofswandel. Dit is die wittebroodstadium van jou huwelik met Christus. Jy weet nie van beter as om te doen wat van jou verwag word nie. Maar as die vrees van God verwaarloos word, sluip ongehoorsaamheid in. (Psalms 36:1) Soos enige ander geloof of dissipline, moet die vrees van God gevoed word deur geloof en gehoorsaamheid.

Die vrees van God hou jou eerlik teenoor Hom en jouself. Dit is die begin van aanspreeklikheid.

Die genade van God – sonder die vrees van God – is ‘n illusie. Daar kan geen genade sonder vrees wees nie, net soos daar geen vrees sonder genade is nie. Die mens wat nie God vrees nie, is dwaas. Die vrug daarvan is dwase keuses en ‘n ongedissiplineerde lewe. 

Nog iets: Sukses is ‘n vyand van die vrees van die Here. Hoe meer sukses jy ervaar, hoe meer is jy geneig om nie te vrees nie. Eintlik moet die teenoorgestelde egter waar wees. Hoe meer sukses jy geniet, hoe meer het jy die vrees van God en die vrees vir die nagevolge van sonde nodig. Baie keer verleen sukses selfstandigheid. Dit is juis hier waar jy slim moet wees en jou vlak van aanspreeklikheid verhoog. Erken die naakte waarheid teenoor jouself.  Jy kan nie selfstandig wees sonder om aanspreeklikheid te aanvaar nie. Dawid kon nie, en hy was ‘n man na God se hart. (Handelinge 13:22) As dit nie aangespreek word nie, lei selfstandigheid sonder aanspreeklikheid tot ‘n reeks slegte besluite.

Niemand is bo die wet verhewe nie, en niemand is bo aanspreeklikheid verhewe nie.  

Die leier wat aanspreeklikheid in sy geloof, finansies, gesin, werk en ontspanning inwerk, is wys. Diegene wat dink dat hulle dit nie nodig het nie, het dit die meeste nodig.  Jy kan dalk begin deur ‘n persoonlike assistent van dieselfde geslag in diens te neem, wat saam met jou werk en jou op sakereise kan vergesel. Dit is jou geleentheid om ‘n raadgewer te wees vir ‘n jong, opkomende leier, en dit is sy of haar geleentheid om jou aanspreeklik te hou. Ons vaar almal beter as ander ons dophou.

Die vrees van die Here voorkom dat jy sondig. (Eksodus 20:20) Nooi jou gade, komitee, werkgewer en aanspreeklikheidsgroep om jou verantwoordbaar te hou. Wees deursigtig met jou professionele en persoonlike finansies. Vertel jou gade as jy emosioneel geheg raak aan iemand anders. Wees baie oordeelkundig met jou alleentyd.

Ledigheid lei tot onbesonnenheid.

Jy sal wys wees om allentyd tot jou Verlosser, jou gade en spesiale vriende te beperk. Die vrees van God is jou vriend. Jy is baie slim as jy die gevolge van sonde vrees. Dit is wys om onaanspreeklikheid te vrees. Die vrees van God is bevrydend. Vrees daarom God, vertrou Hom en haat sonde.