Beproewinge Is Deel Van Die Lewe

Filippense 4:6 sê: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

In sy onderrig, praat Paulus van die menslike toestand en wat ons in die alledaagse lewe deurgaan. Dit is belangrik, want ons moet die rykdom van ‘n lewe saam met Jesus Christus verstaan, maar dis ook nodig om te weet hoe om dit in moeilike tye toe te pas. In die boek Filippense, leer Paulus ons oor die bekommernisse waardeur ons leef en die sorge van die siel. Ons moet verstaan dat beproewinge deel van die lewe is. Ons kan dit nie vermy nie. Ons lewe gaan nie daaroor om in sulke omstandighede te leef nie, maar dit is deel daarvan. 

Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Geskiedenis bewys dat volgelinge van Jesus deur tye van vervolging sou gaan. 

As kinders van God is ons nie vrygestel van beproewinge en swaarkry nie.

Ons is kinders van God wat as oorwinnaars lewe, maar, soos Paulus ons leer, beteken dit nie ons gaan moeilike tye en swaarkry vermy nie. Paulus ontken nie dat beproewinge bestaan of in ons lewens gaan voorkom nie. Hy sê ons moenie daaroor angstig wees nie. Bekommernis lei tot groter probleme, soos angstigheid. Vrees gedurende enige omstandighede veroorsaak angstigheid. Paulus sê dat ons oor niks besorg of beangs moet wees nie, maar dat vrees in jou hart en gedagtes angstigheid veroorsaak wat jou toevou in ‘n permanente plek van ellende. 

Ons almal is al deur beproewinge en sal ook weer deur moeilike oomblikke leef wat tot angs sal lei.

Paulus het nooit gesê dat ons as kinders van God nie moeilike tye sal beleef nie. Hy sê egter dat ons moeilike omstandighede nie in bekommernis moet oorgaan nie. Bekommernis is wanneer jou sorge jou gedagtes oorskadu en jou hart met vrees gevul word. Dit is dan wanneer jy die heeltyd met ‘n vreesagtige houding aan jou omstandighede dink. 

Verder leer Paulus ons ook om oor te gaan tot aksie in plaas van bekommerd te wees. Voordat die probleem in ‘n krisis ontwikkel, moet jy iets daaromtrent doen. Tog doen ons eers iets aan die einde van die moeilike situasie. Paulus leer ons die volgorde waarin ons moet optree.

Mense soek gewoonlik vir oplossings op enige moontlike manier, maar voordat ons dit doen, moet ons eers na God toe gaan. 

Leave a comment